Roaring Strawberry

Woede teenoor Selfbeheersing

In Koffietyd on Augustus 27, 2009 at 15:04

Vir die grootste deel van my lewe het ek vas geglo dat dit verkeerd is om kwaad te word. Ek het geglo dat woede sonde is en dat ek nie mag kwaad word nie. Dit is eers onlangs dat ek agtergekom het dat daar ‘n fyn balans is tussen kwaad word en om nie self beheersing toe te pas nie. Daar is ook ‘n fyn balans wat gehandhaaf moet word want, alhoewel woede natuurlik is en ‘n emosie is wat ons moet erken en verwerk, moet ons waak daarteen om nie bitter en hard te word nie. Woede moet altyd gevolg word deur vergifnis, sodat bitterheid nie sal saad skied in ons harte nie.

Woede is ‘n emosie wat as een van ons ingebore beskermings meganismes dien. Woede veroorsaak dat ons liggame meer adrenalien afskei, en dit is ons liggaam se natuurlike manier om ons I staat te kan stel om onsself en ons geliefdes te kan verdedig.

Hiermee bedoel ek glad nie dat ons links en regs nou kan kwaad word nie. Ons moet eerder na die character van ons Hemelse Vader kyk om te sien hoe ons, ons woede moet bestuur. Ons Vader is lank moedig, Hy word nie vinnig kwaad nie, en beteël Homself deur nie die volle omvang van Sy woede op Sy volk te laat neerstort nie. Hy vergewe hulle ook telkens, nog voor dat hulle selfs om Sy vergifnis gevra het.

Dit is ook belangrik dat ons moet verstaan dat ons selfbeheersing moet toe pas terwille van onsself en nie terwille van ander nie. As ons Kyk na Jesaja 48:9-11 kan ons sien hoe die Here verduidelik dat Hy terwille van Sy eie Naam en Eer Homself en Sy woede beteël. Daarom moet ons ook ons woede nie onderdruk nie, maar wel beteël.

Om ons woede te onderdruk en te glo dat ons nie mag kwaad word nie is ‘n baie ongesonde denkpatroon. Dit is juis hierdie denkpatroon wat so ‘n septiese seer hier in my binneste veroorsaak het. Vir soveel jare het ek my woede onderdruk, geïgnoreer en dan nog skuldig gevoel omdat ek so gereël myself moes keer omdat ek wou kwaad word. Hier wond het so nou en dan oopgebars en dan was dit ‘n verskriklike gemors waarin ek myself glad nie op ‘n gesonde manier kon uit druk en kon uiting gee aan my emosies nie.

Die ironie van die saak is dat nou nadat die Here my geleer het om my woede te erken, te aanvaar en daar deur te werk en dan daarna te vergewe, is ek meer lank moedig, meer geduldig en emosioneel baie meer gesond.

Lewer kommentaar