Liza Welsh

Heerlikheid word gebore wanneer ons opstaan in U autoriteit!

In Gebede,Pad na Sion on Augustus 6, 2013 at 11:03

Here God, Heilige God!

Net gister rol die woorde oor my tong:

Vader in Hebreërs 2 is daar groot woorde: “Want Hy wat Heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie.”

Here, hierdie is een van daardie diamante in U woord, Vader leer my die volle impak van hierdie Woord. Leer my vandag om hierdie Woord uit te leef. Vader gebruik my om mense se heerlikheid te herstel, hulle Godelike Heerlikheid!

Vanoggend, terwyl ek my gebed oor tik om te publiseer,luister ek na die Radio. Soos ‘n damwal wat breek hier in my binneste begin ek verstaan wat U gister vir my probeer sê het. Terwyl ons wel die begeertes van ons harte aan U moet bekend maak deur smeek gebed, kan ons nie vir ewig in ‘n smeekende bondel op die vloer bly lê nie!

Ons is die Kinders van die Koning van die Heelal, een met die Seun, die Woord deur wie die ganse heelal geskep is. Dit is tyd dat ons met autoriteit optree. Omdat alles reeds aan God en aan Jesus onderwerp is, is dit ook aan my onderwerp, omdat ek EEN is met JESUS!

Op geen oomblik Here stel ek voor dat nederigheid, en gasvryheid, liefde, genade en vriendelikheid, dat naaste liefde by die deur moet uitwaai, oor dat ek autoriteit in U ontvang het nie. Nee, veel eerder moet ek ophou om hulpeloos te voel. U het my gered deur te sterf EN op te staan… dis tyd dat ek ook nou vêrder as die kruis kyk, vêrder as my dood kyk en veel eerder begin om ‘n Opstandings Lewe te leef om ander te help om hulle koppe op te lig en in autoriteit te lewe!

Here dankie dat U die drade hier binne in my kop en hart en gees bymekaar trek. Heerlikheid word gebore wanneer ons opstaan in U autoriteit! Vader leer my hoe om in ware autotiteit te leef en om U autoriteit te verstaan.

Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: