Liza Welsh

Veilige gebede

In Koffietyd on Oktober 8, 2012 at 06:12

Hemel Vader

Vir so lank was my pen droog en my woorde min… vir lank het U hier binne-in my hart geskaaf en geskuur…. en die skuur proses is nie ‘n aangename proses nie. En dis nie een wat mens graag deel nie omdat jou ego maar bietjie seer en broos is en omdat dit teenstrydig staan met die menslike wil om vlekloos voor ons medemens te staan.

Vanoggend gee u my die voorreg om U woord (Mat 9:12-26) uit “The Message” te lees… en daar slaan ’n paar woorde my weer teen die voorkop: “You took the RISK of faith, and now you are well.” Here vir ’n hele lang ruk bid ek “veilige gebede” – algemene gebede, gebede sonder risiko. Ek dink ook tot in ‘n mate het ek begin skuil agter die woorde ‘laat U wil geskied’ en vir maande was ek te versigtig om die begeertes van my hart voor u bloot te lȇ. En dit het veroorsaak dat ek ook tot ‘n mate begin voel het dat ek my intieme konneksie met U verloor het.

Here daar is daai gevaarlike woordjie weer: voel… ek voel dit en ek voel dat en ons rig so maklik ons lewens volgens ons gevoelens en ander se gevoelens, terwyl dit so ‘n onbetroubare en wispelturige maatstaf is. Dis U Gees wat ons moet lei, eerder as ons gevoel, en omdat ek toe gelaat het dat die duiwel my vrees om weer seer te kry, teen my gebruik het , het ek begin om veilig te bid, en so kon hy my grondgebied in perk en my impak verswak sonder dat ek dit agter kom.

Die laaste keer dat ek sonder vrees gebid het Here was voor klein Estiaan en Leane oorlede is in Mei hierdie haar. Here met alles in my het ek geglo dat hulle sou leef en dat u my smeek gebede en die duisende smeek gebede sal verhoor… en tog is my hart uit my bors geskeur, nie een keer nie, maar twee keer in een maand. En van daar Here kon ek my nie kry om meer as ‘n skiet gebed vir enige van die kinder op te stuur nie… tot en met vandag kon ek nie myself so vȇr kry om die risiko te neem en te glo dat U steeds wonderwerke verrig nie.

Ek het bly glo in U voorsiening, en ek is nie teleur gestel nie, want U is ‘n wonderbaarlike God wat ons nooit vergeet nie, maar ek tot en met vandag nog nie een keer weer my vertroue in U gesit vir ‘n wonderwerk nie, en Here daarvoor vra ek vergifnis, want in die proses het U nie opgehou met wonderwerke doen nie, ek het net skille oor my oë gehad en was net te bang om vir wonder werke te vra…

Vader genees my hart – genees die wonde wat nog so diep lȇ… Pappa, terwyl ek ewe lief is vir elke kind wat U oor ons pad bring, trap party net dieper spore in my hart en is die hartseer soveel groter wanneer U besluit dat hulle hard genoeg baklei het en dat hulle kan huis toe gaan.

Ek besef nou dat dit nie U is wat nie gebede beantwoord nie, dis nie hoekom ek seer het nie… dis oor my perspektief en my konstrukte hier in my kop… die oor my prentjie van hoe ek dink die Almagtige Sy werk behoort te doen, wat vir my so bitterlik seer laat kry.

Ek besef nou hoe gefrustreerd U met my moet wees, want die selfde storie speel homself tans af tussen my en my erf stukkie seuntjie…. as volwaardige tiener weet hy nou als en ek niks en al verstaan hy nie die groter prentjie nie, raak hy opstandig en hardkoppig en veroorsaak hy konflik oor hy nie dadelik sy sin kan kry nie.

Nes ek vir hom die groter prentjie van ons besluite met graag te wil verduidelik, as hy net sou wou luister, so wil U vir my die groter prentjie wys, as ek net lank genoeg by U voete wou kom sit om dit te hoor. AS ek net sou onthou om vȇrder as die lewe te kyk, dan sou ek dalk beter kon verstaan.

Here met groot skok en baie skaamte besef ek dit is my menslike perspektief wat my in die steek laat en partykeer vergeet ek dat die dood ‘n groter wonder werk kan wees as die lewe… dat om dood te gaan net beteken om deur ‘n deur te loop, reguit in U arms in, en dat daar vir ‘n kind geen veiliger plek is as U arms nie.

Vader skryf vandag se les op die tafels van my hart…. maar meer belangrik, brandmerk dit in op my gees en lei my om in die gees te leef, eerder as in die vlees. Vervul my opnuut met U Heilige Gees, laat daardie seer, donker hoekies van my hart verlig word deur U Gees, soos die son besig is daar buite om die wêreld te verlig. Lei my gedagtes, my idees , my woorde en my aksies…. laat my straal van liefde, soos U straal van liefde!
Amen

  1. Dankie vir my koppie koffie vemore.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: