Liza Welsh

Deur te lei soos ons lei…

In Koffietyd on Augustus 6, 2013 at 10:41

Hemel Vader

Elke dag belê U in ons, deur U Woord in ons gees te saai, en U kennis in ons te openbaar. Vader Hebreërs 2 is ‘n ongelooflike deel van daardie Woord. Vader laat ons deur U genade des meer ag gee op wat ons by U hoor, sodat ons nie sal weg drywe van U af nie.

Hemel Vader, dankie dat U so ‘n groot saligheid vir ons bewerk het, sodat ons nie deur ons sondes veroordeel sal word nie. Vder so lank as wat ons in U offer, in U vergifnis glo Vader, maak U ons los van die teistering van ons siel. Hemelse Bevryder laat ons fokus op ons vryheid, op ons vergifnis, sodat ons nie daagliks die las van skuld gevoel dra nie. Om oortuig te wees van ons sonde, word bewerkstellig deur die Heilige Gees, maar om lamgelê te word deur skuld gevoel is om gewond te wees deur die pyle van die Satan.

Hemel Vader, maak ons los van ons skuld gevoel, van die veroordeling van die bose. Vader herstel ons Heerlikheid. Here aan ons, U kinders het U die toekomstige wêreld, waarna ons so uitsien, onderwerp terwylU dit nie aan U Engele onderwerp het nie. Hemel Vader, terwyl ons mense bystaan, laat ons hulle nie beroof van die Heerlikheid waarmee U ons gekroon het, toe U ons oor die werke van U hande aangestel het nie.

Koning bo alle Konings, dankie dat ons kan weet dat alle dinge aan U onderwerpe is, U woord is so duidelik, daar is geen uitsonderings nie! Vader maak hierdie waarheid vas Here. Soms sien ons nog nie dat alles onderwerp is aan  nie, maar Here seën ons dan met geloof sodat ons U belofte sal glo, eerder as dit wat ons sien.

Here dankie is so ‘n klein woordjie. Maar dankie Here, geloof en geheilig is U naam dat U Jesus, U Seun vir ‘n kort rukkie homself betaam het om minder as ‘n engel te wees sodat Hy soos ons kon lei, met ons kan praat vanaf ‘n plek waar Hy ons leiding verstaan.  Soos so baie mense wat honger is, was U honger nadat U vir 40 dae in die woestyn gevas het… U verstaan die fisiese honger pyne van die mens. Ook was U gebring voor die versoeking om blindelings U God te beproef. U verstaan die versoeking om te toets of God die dalk van ons vergeet het nie. Ook is U voor die versoeking geplaas  om mag na te jaag… maar net soos U vas gestaan het op die Skrif, leer ons om so vas te staan. Seën ons in de wete dat ons reeds met U een is, daarom hoef ons nie mag na te jaag nie, hoef ons U nie te beproef nie, en hoef ons nie ter bekommer oor wat ons gaan eet nie. Here dankie dat Jesus aan die mens gelyk geword het sodat Hy ons, U kinders na Heerlikheid kon bring, sodat Hy die bewerker van ons saligheid kon wees, deur te lei soos ons lei.

Vader in Hebreêrs 2 is daar groot woorde: “Want Hy wat Heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie.”

Here, hierdie is een van daardie diamante in U woord, Vader leer my die volle impak van hierdie Woord. Leer my vandag om hierdie Woord uit te leef. Vader gebruik my om mense se heerlikheid te herstel, hulle Godelike Heerlikheid!

Amen.

  1. […] Vader in Hebreërs 2 is daar groot woorde: “Want Hy wat Heilig maak, sowel as hulle wat geheilig w… […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: