Liza Welsh

Geroep tot verbond borg!

In Gebede,Koffietyd on Augustus 18, 2013 at 10:08

Heilige God

Hoe is dit moontlik dat ons oor en oor die selfde Woord kan lees en tog openbaar U elke keer nuwe waarhede en insigte aan ons gees, So baie keer het ek al gelees en geleer van die rol van priesterskap maar te veel keer het ek nie die rol verstaan nie. Oor en oor in die laaste week lees ek Hebreërs 5-7 en nie een keer verstaan ek hierdie  verduideliking van die rol en die grootheid van die Priester orde nie… en vandag uit die bloute terwyl ek so soek laat U my oë rus op Heb 7:22 wat sê: “in sover het Jesus van ‘n beter verbond borg geword.”

En daar soos die skille van my oë afval besef ek, as hoë priester in die diens van my God is dit nie my werk om my medemens, Sy kinders, konstant met die Kruis oor die kop te slaan nie, dit is veel eerder my werk, my roeping om ‘n kanaal van liefde te wees sodat my medemens versoen kan word met die Here.

Gister het ek geskryf oor die rou proses. Here en vandag besef ek meer as ooit hoe belangrik dit is dat ons daardie proses verstaan, want wanneer ons verliese lei en ons langs die leemtes in ons lewens kniel, is ons geneig om die helm van Verlossing af te haal, ons borsplaat van geregtigheid pluk ons af… so gereeld haal ons die gordel van Waarheid af sodat ons dieper in ons smart kan kniel. Vader met die skuld van Geloof wat ons in hierdie tyd neer lê en sonder die ander dele van ons wapen rusting is ons totaal en al ontbloot, heeltemal weerloos teen die duiwel se aanvalle. Dit is in hierdie tyd dat hy leuns saai en dit is hierdie leuns wat ons pyn en ons smart vererger.

Deur die emosies te verstaan wat met rou gepaard gaan Here kan ek myself gereed maak om ‘n laer te trek om my medemens wat rou, sodat hulle nie so weerloos is teen die aanvalle van die duiwel op hulle gees en hulle gedagtes nie. Ook bid ek dat deur hierdie proses te verstaan dat elkeen van ons, indien ons ‘n verlies sou lei, sal onthou om nie ons wapen rusting uit te trek nie, en ook dat U wysheid ons sal herhinder om U te vertrou om ons te omring met mede gelowiges wat hulle skulde kan oprig om ons in hierdie weerlose stadium te beskerm.

Vader rig my denke en my skedule sodat ek elke oomblik van my dag kan beweeg in die posisie wat U vir my uitgekerf het, die posisie van waar liefde kan vloei soos water uit my binneste… Vader laat daardie water die diepste wees vir die mense wat die naaste aan my is… gewoonlik is dit makliker om vreemde siele met liefde te oorompel as om die liefdes bekers van ons geliefdes vol te hou.

Vader daar waar daar nog ‘n onvergewinsgesindheid in my gees is, wys dit vir my uit Here, sodat U ook daardie angel uit my gees en uit my vlees kan verwyder. Vader maak my attent op die grootheid van U genade, hou  my op my tone deur te bewerkstellig dat ek U nie sal lief hê oor wat U vir my kan beteken nie, maar sodat die liefdesvuur wat in my brand gevuur sal word deur my ontsag vir wie U is.

Vader ons het nie genoeg woorde om U lof te kan besing nie, mag die Engele ons hoor en names ons konstant lofliedere uitbasuin, mag die Hemele vervul word met lofsang en prys vir ‘n God wat ons verstand te bowe gaan.

Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: