Roaring Strawberry

Posts Tagged ‘versoen’

This morning is a beautiful new morning!

In Gebede on November 3, 2009 at 14:59

Lieste Pappa

“ This morning is a beautiful new morning!” Met hierdie woorde en ‘n goue skynsel oor die gras teen die koppie hier agter die huis het U my gegroet, toe ek net so voor ses uur die radio aansit… die glimlag wat op daardie oomblik om my mond hoeke gespeel het, het nog net breër en breër geword vandag.

Pappa vanaf die sesde uur van vandag af hou U genade gawes net nie op nie… vir die vierde keer in een week seën U my met die selfde belofte en ook waarskuwing wat U vir Salomo in 2 Kronieke 8 oor die tempel gegee het.

En vir die soveelste keer bevestig U dat ek my drome reg verstaan: U is waarlik besig om ons stukkie grond, hierdie grond aan U gewei, U tempel, te seën. Ons is op die regte pad, U is ons God, daar is niemand anders in ons harte nie, op niemand anders vestig ons, ons hoop nie – en stadig maar seker is U besig om ons vir ons deursettings vermoë te beloon.

Die dag het aangegaan… maar so tussen Wiskunde somme en Engelse Grammar luister ek na Tom en Estie wat gesels oor hoe ons die Bybel, die Lewende, Geïnspireerde Woord van ons God behoort te lees en weer hiermee raak U aan my tot op die murg van elkeen van my bene.
Oor en oor gee U vir my die gedeelte uit Psalm 119 vanaf vers 97 – 108 en weer bevestig U vir my dat dit waarlik U Gees is wat my lei as Ek U woord lees, U het my oë oopgemaak, my geseën met die vermoë om U woord reg te verstaan.

U rig my op om aan te gaan met die taak wat U voor my gestel het… U kom maak vir U atleet ‘n protein shake om haar kragte op te bou en U kom klee U stryder in ‘n spink splinter nuwe wapen rusting. U kom sluit krag en geduld en liefde in my hart oop, wat voorheen vir my verberg gelê het.

Maar Pappa dis mos maar hoe dit gaan. Nes ons dink ons kan nie meer liefde bewys nie, nog meer nederig wees nie, nog meer geduldig wees nie, sodra ons dink dat ons nie nog nader aan U kan beweeg nie, dan trek U ons nog nader aan U bors en vou U, U groot sterk arms nog stywer om ons vas en dan versier U ons gesiggies met nog sagter, meer liefdevolle skoenlapper soentjies tot ons straal van U liefde en U glorie.

En dan hou die dinge ook nie daar op nie. Pappa onthou U toe ek gister aan vir my Skottie gesê het dat ek tog moet onthou om vir my vriendin te vra of sy dalk vir my daardie hoedjie vir Miachlan sal hekel, daardie een wat soos ‘n Liewenheersbesie lyk…. En vanoggend terwyl ek en Connel werk aan sy klanke gesels Soekie en haar ateljee gas en een van die goedjies wat die ateljee gas noem is oor die twee soorte liewenheersbesies. Daar is die oorspronklike, inheemse Liewenheersbesie wat al die plae vernietig, en dan is daar die indringer Liewenheersbesie wat van Asië af kom wat alles sommer net voor die voet vernietig. En so met een woord kom U en bevestig U nog van U beloftes en woord wat U al vir ‘n geruime tyd vir my gee.

U bevestig dat al die beloftes wat ek glo U vir my gegee het oor Miachlan en haar plekkie in die wêreld en die manier waarop U sal voorsien vir haar geboorte, dit is alles ware beloftes waaraan ek maar kan vas hou, beloftes waaroor ek openlik kan praat omdat ek nie dan as valse profeet afgemat sal word nie.

Die tweede bevestiging wat U vir my gee is dat ek die woord wat ek die laaste paar maande al konstant kry reg verstaan. Die leiers van ons gemeenskap, en hiermee bedoel ek die ouers van elke gesinstruktuur moet begin om die peste wat ons gemeenskap so teister uit te roei. Die enigste plek waar ons kan begin is by ons eie kinders.

Ons moet begin om ons oë oop te maak en te begin onderskei tussen die ware Liewenheersbesies in ons lewens en die indringer besies. Daar is elemente waaraan ons kinders bloot gestel word wat op die oog opslag heel onskadelik lyk omdat dit in die vorm van oulike animasies of onskuldige liedjies voorgelê word, maar sodra ons hierdie elemente van nader bekyk dan sien ons hoe hulle die saad wat ons so getrou in ons kinder se lewens plant verwoes.

Pappa daarom kom staan ek op my knieë voor U en ek vra nederig dat U elke ouer se oë sal oop maak sodat hulle, hulle kinders se omgewing kan suiwer van die indringer besies wat soos sprinkane U beloftes en U woord binne in hulle harte opvreet. Vader gee ons ouers die wete dat U hulle in ‘n gesags posisie aanstel het, dat hulle wel hulle kinders mag tugtig, volgens U woord en wel dit wat in hulle kinders se lewens ingespreek en ingelaat word, kan en mag en MOET filter.

Vader leer ons as ouers om U beloftes daaglikse EN volgens U WIL en WOORD in ons kinders se lewens in te spreek. Vader maak ons rustig genoeg in die aand om seën wense oor ons kinder te spreek terwyl hulle slaap en ook wanneer ons hulle verlaat om ons dag take te verrig. Gee dat ons sal begin om ‘n punt daarvan te maak om U seën oor ons kinders te spreek ook op spesiale geleenthede soos verjaarsdae en jaareind funksies en prys uitdelings. Mag ons waarlik die God gegewe Liewenheersbesies in ons kinders se lewens begin beskerm en die indringer besies begin uitroei.

Amen.

Gideon – Deel 9

In Bybel Helde, Gideon, Reeks Gedagtes on September 3, 2009 at 16:53

Teks Rigters 7: 15 – 8: 4

Die tweede deel van Rigters 7:15 het my opgeval toe ek dit weer vanoggend lees. In die tweede deel van die vers deel Gideon met sy manskappe (sy span) die opdrag en die troos van die Here, m.a.w. Gideon deel die strategie of die plan wat die Here vir Hom gegee het met sy span maats.

In die laaste paar weke het die Here die belangrikheid van die gesinstruktuur op hart kom lê. Die posisie wat die gesin binne die liggaam van Christus moet vervul is dalk ‘n  bekende konsep vir ons, maar tog druk daar ‘n dringendheid op hart om die gesin as die fondament van ons samelewing te onderstreep.

As jong dame was ek bevoorreg genoeg was om die waarde van die gesin struktuur by my ouers te leer. My ouers het ‘n bediening in Heidedal, net buit Bloemfontein gehad. Die bediening se naam was Gesinsbou, en die roeping wat die Here op my ouers se harte gelê het was om die gebroke gesinstruktuur wat jong kinders na die strate toe gedryf het, te gaan herstel.

As tiener dogter het dit ongelukkig teen vlees en been ingesny om my waardering vir hulle werk en die waardes wat hulle my geleer het te wys. Op 18 weet ons mos alles, is ons mos alles en kan ons niks by enige iemand leer nie. Maar die waarheid is dat my ouers se bediening my voorberei het vir die rowwe pad wat ons gesin in die afgelope jaar geloop het. Terwyl ek nou terug dink, kom verlig die Gees weer die waarde van die gesin as span vir my – die enigste verweer wat ons teen die morele aanslae op ons kinders se lewens het, is ons gesinstruktuur en die voorbeeld wat ons binne daardie struktuur vir ons kinders stel.

Hierdie beginsel bring my terug na die tweede gedeelte van vers 15. Dit is alles goed en wel dat ons as ouers by die Here gaan hoor wat Sy plan vir ons gesin is, maar die plan val plat wanneer ons nie die groter prentjie aan ons kinders oordra nie.

Ek het nou die dag die mooi voorbeeld gehoor van iemand wat oor hierdie selfde beginsel gepraat het. Kom ons dink nou maar net aan die slag wat ons op ‘n vliegtuig klim. Die loots kondig voor die tyd aan waarheen die vliegtuig vertrek. Ek kan nie aan een persoon dink wat sommer net so op ‘n vliegtuig sal klim sonder om te weet waarheen die vliegtuig vlieg nie. Die selfde geld vir ons kinders, dit is ons verantwoordelikheid om die vlug plan wat die Here aan ons as ouers oordra, weer aan ons kinders oor te dra. Dit is belangrik dat ons God se doelwitte en drome vir ons lewens met hulle sal deel. Daarmee saam is dit ook belangrik dat ons nie net ons welslae nie maar ook ons teleurstellings met hulle moet deel.

Die krag wat ontsluit word wanneer ‘n span korporatief saam onder die leiding van die Here werk, word vir ons baie duidelik in die daaropvolgende verse uitgebeeld. Die hand van die Here in die slagting word ook omslagtig beskryf, en  dit onderskryf die feit dat ons God ten alle tye moet eer vir die rol wat Hy in ons suksesse speel.

Dit is belangrik dat ons hierdie beginsels wat Gideon en sy manskappe toegepas het, ook in ons eie lewens sal toepas. Daar is soveel verborge seëninge wat die Here vir elkeen van ons wil oopsluit, maar dit is soms seëninge wat slegs deur korporatiewe gehoorsaamheid en gebed oopgesluit kan word. Dit is regtig tyd dat die Bruid van Christus openlik en effektief met mekaar sal begin kommunikeer, en ek voel sterk dat die Gees wil hê dat hierdie kommunikasie eers in ons eie huise en op ons eie voorstoepe moet geskied, voor dit kan uitkring.

Vanaf vers 23 lees ook hoe Gideon die ander Israeliete en die Efraimiete genader het om die Midianiete te agtervolg en ten volle te verslaan. Ons lees ook in die eerste 4 verse van Rigter 8 dat die groepe wat later ingeroep was, ontsteld was dat Gideon hulle nie oorspronklik genader het nie.

Daar is ook ‘n les vir die korporatiewe bruid in hierdie gedeelte. Binne ons gesinstruktuur en die Bruid het elke lid van die span hulle eie werkie wat die groter skeppings doel van die struktuur bevorder. Ons moet ophou om so besig te wees met ander mense se stukkies en se werkies, en eerder weer begin om die muur hier voor ons eie huis te bou.

Die Here weef ons werkies en verkillende take aanmekaar volgens Sy volmaakte plan. Ons moet ook ophou om afgunstig te wees op die werkies wat die ander by die Here gekry het, ons moet eerder dankbaar wees vir ons eie skeppings doel en daarop fokus, en op hierdie manier sal God dan openbaar hoe ons by die struktuur wat Hy vir ons gekies het moet inval.

Ek voel dat dit weereens belangrik is om hierdie beginsel deur te trek na ons gesinne en ons kinders, Binne in die gesin het elkeen hulle verskillende persoonlikhede en nukke en grille en ons is juis so gemaak omdat ons identiteit so nou aan ons skeppings doel gekoppel is. Dit is ons werk om elkeen van ons gesinslede die geleentheid te gun om hulle voorbereiding ten opsigte van hulle skeppings doel te voltooi. Ons moet die moeite begin doen om elkeen van ons kinders te verstaan, hulle onderskeidelike roepings met die Here te bespreek en hulle dan toe te rus, elkeen vir sy eie werkie.

Hoe lyk jou vlug plan? Weet jy en jou mede loots wat julle gesamentlike doel in die lewe is? Het julle al saam by Pa gaan aanklop vir Sy padkaart, of ploeter julle maar net voort in hierdie onstuimige storm van spanning en frustrasie? Weet julle mede passasiers waarheen julle oppad is, en weet hulle op wie julle vertrou om julle veilig anderkant aan te bring? Is jy nog dankbaar vir die unieke en besonderse pad wat die Here met jou wil stap, of wens jy ook steeds konstant dat jy maar eerder plekke met ‘n ander een van God se kinders kan ruil?

Gideon – Deel 4

In Bybel Helde, Gideon, Reeks Gedagtes on Augustus 27, 2009 at 15:17

Teks Rigters 6:23 – 25

In Rigters 6:23 lees ons hoe die gebeure van die dag vir Gideon oorweldig het. Weereens het sy taak vir hom te groot gelyk, en weer praat die Here met hom, weer vertroos die Here hom.  Dit gebeur so gereeld dat ons ook herhaaldelik ook so oorweldig voel en dat die Here ons moet kom vertroos.

Vandag was juis een van daardie dae. Die seuntjies volg ‘n tuis skool program en alhoewel dit nie ‘n geval is van kinder speletjies nie, geniet ek die voorreg om hierdie kosbare jare saam met my kinders te kan spandeer geweldig. Een van my take is om my Erfstukkie te leer om nie sy talent ten opsigte van sy vermoë om mense goed op te som vir sy eie selfsugtige doeleindes te gebruik nie.

Die droom wat die Here sovêr vir sy lewe met my gedeel het sluit in dat hy hierdie talent moet gebruik om mense op te rig en te ondersteun. Tog sukkel ons met hierdie stukkie van sy opvoeding. Die emosionele wonde uit sy onstuimige baba jare veroorsaak dat hy eerder net na homself wil omsien, sy belange bo ander se belange stel, sonder om twee keer te dink oor die gevolge van sy aksies.

Vandag het hy weer besluit om te probeer om my geduld en lank moedigheid uit te buit, so asof dit ‘n swakheid is… dit het sommer my moed in my skoene laat sak en my laat voel of ons nou weer tien treë agteruit gegee het nadat ons die hele week darem dit kon reg kry om sovêr 5 treë vooruit te gee. Tog het ons Pappa gekom en my met wysheid en insig geseën sodat ek die situasie reg kon hanteer, en so kon ek steeds Sy Naam vereer en ook nog ‘n stukkie hemelse gereedskap in my rugsak sit.

Nadat die Here Gideon vertroos het, het Gideon ‘n altaar gebou. Die naam van die altar was “God gee gerus.” Die bou van die altaar wys ons nie net op Gideon se dankbaarheid nie, maar ook op die opofferings wat ons moet maak op hierdie  pad wat ons saam met die Here stap. Soos ons vêrder in Rigters lees, sien ons al die opofferings wat Gideon moes maak om die Here se wil te kon nastreef. So moet ons elkeen persoonlik ook bereid wees om opofferings te maak.

God het immers die grootse opoffering ooit vir ons gemaak, Hy het vir ons met die bloed en die lewe van Sy Seun betaal. Dit is juis uit dankbaarheid dat ons dan onsself moet gereed maak soos ‘n bruid haarself gereed maak. Ons bruidskleed moet verander van ‘n verflenterde wêreldse kleed na ‘n koninklike kleed….

Hoe lyk jou kleed vandag? Het jy die moeite gedoen om hom skoon te hou, hoe lyk jy as die wêreld na jou kyk, kan hulle sien dat jy deel Jesus se Bruid is… of sit jy nog op die ashoop in jou vuil flenters?

Wit en Skarlaken

In Koffietyd on Augustus 13, 2009 at 16:15

Die maan was wit…
Die maan is rooi,
Bloed het gevloei
Bloed is gestort
Bloed is uitgegiet oor ons grond, my lief…

Wit soos sneeu…
Skarlaken rooi,
Bloed het gevloei
Bloed is gestort
Bloed is uitgegiet vir ons, my lief…

‘n Bruid vir eeue heen deur leuns verblind,
‘n Liggaam deur Sy vlees verslind,
‘n liggaam deur Sy hand verbind.

‘n Bruidegom se Glorie oor eeue heen verbloem,
Kosbare Bloed en Water het uit Sy sy gekom,
Kosbare Bruid met Heerlike Bruidegom versoen!