Liza Welsh

ARMOEDE GEESTE

In Koffietyd on September 5, 2013 at 09:50

Gepubliseer deur Ietsie Uit My Hart
Wat mense arm hou, is NIE TE MIN GELD in hulle sak nie. Wat hulle arm hou is ARMOEDE GEESTE. Poverty is ‘n SPIRIT. Iemand met ‘n armoede gees, dink armoede, praat armoede, voel armoede, droom armoede, vrees armoede en bevorder armoede. Hierdie persoon beleef armoede emosies en het ‘n armoede mentaliteit en identiteit. Van die armoede emosies sluit in: selfbejammering, selfverwyt, vrees, ongeloof, verwerping, negatiwiteit, pessimisme, hopeloosheid, minderwaardigheid, onvergewensgesindheid, bitterheid en self-sabotasie. Jy sal nie een van hierdie emosies by GOD kry nie. JESUS het juis gesterf om ons te VERLOS van hierdie bose, armoede emosies. Hierdie is die “blessing blockers” wat verhoed dat GOD se LEWE en OORVLOED vir mense kan deurbreek. Die beginpunt van ‘n persoon se DEURBRAAK, is om hierdie emosies as bose, armoede emosies te ERKEN en dit nie langer as “goddelike of christelike emosies” te verdedig nie. Die Woord sê: Laat GOD julle VERANDER deur julle DENKE te VERNUWE (Rom. 12:2). GOD dink nie armoede en ellende nie. GOD dink LEWE en OORVLOED (Joh. 10:10).


Hierdie verwoord iets wat vader die afgelope paar weke op my hart gedruk het, iets wat Hy vir ons as gesin probeer leer. Dit gooi die hele appel kar in my kop om… maar ek is so dankbaar dat die Here daar is met ‘ nuwe appel kar en ‘n nuwe padkaart.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: