Liza Welsh

Armoede was my afgod!

In Gebede,Koffietyd,Ontmaskering on September 3, 2013 at 08:44

Pappa God, ons as mense is snaakse goed… ons bid en dink ons weet beter. Ons dink ons sien die groter prentjie en ons dink ons bid in wysheid en dan sit ons waar ek nou sit oordat U ons gebede verhoor het.

Vir so lank was ek bang dat geld my afgod sou word Here dat ek vir werk gevra het, maar ook gevra het dat ek tog net nie ryk moet word nie. En dis nou presies wat ek gekry het Hemel Vader. Ek is so besig ek kan my stert nie draai nie, maar daar is geen teken van n belonende inkomste nie.

Nog nooit het ek die vers wat sê dat ons nie het nie, oor ons nie vra nie so goed verstaan nie.

Ek kan net dink hoe U, U kop geskud het terwyl ek gebid het. U het n grooter bondel seëninge na my uitgehou, maar ek het gesê nee dankie en n ander bondel gekies.

En so kom U weer op n ongelooflike manier en leer my wat n afgod is, en dat armoede my afgod geword het. Dis groot woorde om te erken en dit sny tot diep binne my, ek snak na my asem, maar dis waar!

Vader, so nou kom staan ek voor U, kop geboë…. opsoek na verligting vir die gemors wat my kortsigtige gebede veroorsaak het. Vader vergewe my!

Vader, in U woord sê U dat U my pad beplan het, lank voor ek gebore is. Vader lig my uit enige verkeerde situasies en haal my af van enige pad wat U nie vir my beplan het nie. Maak oop die deure wat U oop wil hê en maak toe die wat U toe wil hê.

U is my God en my vreugde lê in U. Vader gee aan my die seëninge wat U al so lankal bêre omdat ek nog nie gevra het nie. Ek is gereed om hulle te ontvang uit U hand. In nederigheid en dankbaarheid voor U te buig vir dit wat U is en vir dit wat U vir my wil gee nie.

Vader my hand is oop, my wysvinger wat eie wys na halwe seëninge gewys en gesmeek het is weggebere. Vader deel met my volgens U wil en U genade.

Dankie Hemel Vader dat U gister aand se smeek gebed gehoor het. Dankie dat U uitkomd bring en vreugde saai.

Ek plaas alles in U hand, alles en almal waarvoor ek lief is, wat oor my pad kom, wat op een of ander manier aan my verbind is. Ek plaas hulle in U hand en vra dat U wil in elkeen se lewe sal geskiet. Gee aan elkeen die seën en die erfporsie wat U eenkant gesit het, eerder as die waarvoor ons hardkoppig vra.

Ons bid dit in die Naam van Jesus. Ons wil leef slegs om Jesus te vereer!

Amen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: