Liza Welsh

Al weer om en om die einste berg.

In Gebede,Koffietyd on Augustus 28, 2013 at 10:51

Hemel Pappa
Terwyl ek nederig wil om verskoning vra vir my bad attitude van gister, wil ek ook eintlik hardop vir my simpel denk wyse van gister lag.

Ek ken die waarhede wat ek gister moes toepas, maar op een of ander manier het ek die mute knoppie op my Heilige GPS gedruk.

Of kom ons wees maar eerlik, dit was nie op een of ander manier nie, dit was die oomblik dat ek die woorde oor myself gespreek het. “Heartbroken, sleep evades me – feeling sad.”

Dat Daniel se dood, sy ouers se pyn my ontstel het is nie die probleem nie. Die trane wat ek gestort het, nie verniet nie, maar in n oog wink haal ek my oog van my God af en fokus op die pyn…. En vir n oomblik vra ek hoekom.

Dis nie die vraag wat die probleem is nie Here, ek weet, dis my houding. Ek wil so graag U hande en voete wees, dat ek soms in die pad is.

In my kop het ek n prentjie van hoe om sukses te meet, hoe om produktiviteit te bepaal en hoe ek die kosbare gesinne wat U my mee vertrou moet help.

Die frustrasie wat ek voel is wanneer U nie help soos ek goed dink nie, maar soos U goed dink. Vader vergewe my, gister en Maandag se gebed was arogant en teen U wil.

Vader, ek is jammer so jammer oor ek U wil in my boksie probeer inprop. U wil, wil in perk met my beperkte denke.

Vader, ek sien al die oop deure op die horison, en ek het mos nou al deur die regte hekkie geloop en is op die regte pad so vergewe my as ek begin twyfel en self wil plan maak om by daai oop deur te kom.

Vergewe my ongeduld, en my haastige natuur. Hiermee Here verklaar ek, U ken die drome van my hart, die nood van my vlees, die begeertes van my gees. Vader ek kom lê dit by U voete en vertrou dat U die wat binne U wil val vir my sal gee, en al kry ek nie een ja woord nie, al word my nood nie verlig nie sal ek in U bly glo want geloof in iemand, eerder as iets is sterker. Geloof in U karakter eerder as U wonderwerke is kragtiger.

Vader my geluk, my tevredenheid lê in die wete dat U net die beste vir my en vir die vir wie ek lief is wil hê.

Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: