Liza Welsh

Is U waarlik n wrede God?

In Gebede,Koffietyd,Waarheid on Augustus 23, 2013 at 09:04

Hemel Koning
Vir so lank het ek soveel leuns oor U geglo. Vir so lank het ek Godelike vrees mis verstaan.

Die volgende is wat U Woord ons oor U karakter leer: U is n God van liefde. U is liefde. U is net goed. U het niks slegs geskape gedurende die skepping nie… aan die einde van elke dag het U gesê dat U skepping goed was.

U Woord leer ons dat U nie in situasies in bars as ons U nie in nooi nie. Die Woord sê dat U klop en ons vir U moet oop maak.

So baie keer bid ons dat U deur die dak sal neerdaal, terwyl U reeds by die deur staan en wag. Soveel keer raak ons benoud want U hoor ons nie, U het ons verlaat, terwyl ons eintlik net moet opstaan en die deur moet oop maak.

Ander kere maak ons die deur oop, maar omdat U nie vinnig genoeg na ons sin werk nie, meng ons in. Dis wanneer U weer terug staan, oor U nie U wil op ons wil afdwing nie. Wanneer dinge dan verkeerd loop is ons kwaad en seergemaak want ons God is nêrens te vinde nie.

Dis in hierdie seer tyd, wat die Satan sy leuns kom verkoop. Omdat ons reeds van U weggedraai het en onder U bekerming uit is, is dit maklik vir hom om toegang tot ons te kry. Dis wanneer ons begin glo dat U liggeraak en wreed is. Dis wanneer ons begin glo dat ons pyn vir U onbelangrik is. Dis dan dat ons alleen en afgesonder voel.

Vader vergewe my vir elke keer wat ek die satan se leuns oor U geglo het. Vergewe my vir elke keer wat ek aan U gedink het as n wreede God wat net my geloof toets.Vergewe my vir elke keer wat ek gelo het dat U slegte goed oor my pad gestuur het.

Vandag weet ek dat U slegte dinge soms toelaat sodat dit ons kan vorm, sodat U ons kan dra en U liefde aan ons kan openbaar. Soms laat U dit toe.sodat ons kan stilstaan en weer na U kan terugkeer. En so baie, baie keer Here gebeur slegte goed met ons omdat ons kies om buite U wil en U beskeming te leef.Vader seën my in hierdie dag, en elke dag met die insig om binne U Wil te leef.

Wanneer beproewing oor my pad kom, versterk my geloof sodat ek 100% in U kan glo sonder om bekommerd te wees dat U my in die steek sal laat.
Wees my genadig sodat ek nie ongeduldig sal word nie, sodat ek nie sal inmemg nie en seën my met die genade om in my geloof te volhard volgens Heb 11.

Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: