Liza Welsh

Die GPS wat U hier in my hart geplant het.

In Gebede,Koffietyd on Augustus 19, 2013 at 11:04

Hemel Koning!

Bring van oggend my gees tot rus, maak stil my siel en gedagtes, kalmeer my vlees. Here laat my rustig wees soos ek by U voetbank kom sit sodat ek kan hoor en kan verstaan wat U deur U woord aan my openbaar. Breek oop U woord O God, maak U woord die lig vir my voet (Ps 119:3.) Laat U riglyne en U wysheid die maatstaf wees waarmee ek my pad bepaal.

Vader U woord is soos ‘n flymskerp swaard met twee snykante. Gebruik U woord om skeiding the maak tussen siel en gees sodat ek kan sien wanneer ek nie in die Gees wandel nie (Heb 4:12) Vader ek het hierdie dringende begeerte om elke dag in U te wees, by U woord te hou (1Joh 2:5) Seën my met wysheid en seën  my met onwankelbare geloof in U en ook ‘n onveilbare vertroue of ‘n God wat nooit ontrou is nie.

Met liefde lei U my oë deur Heb 8… en U staan stil met my by die betekenis van die nuwe verbond. Dis ‘n term wat ek so baie in die kerk gehoor het maar nooit verstaan het nie. En tog hier in U woord leer Uself my wat dit is wat U bedoel. In Heb 8 skryf U dat deur die nuwe verbond, wat deur U bloed verseêl is, U die wette van God op ons harte sal skryf. My hart daar vir U om op te skryf, rig my denke en my emosies volgens U riglyne en U wysheid. Deur U nuwe verbond word wette wat op klip geskryf wys, wette wat my van buite moet beheer, getransformeer in wysheid geskryf op die tafels van my hart, ‘n interne padkaart wat my van diep in my hart reguleer.

Vir vandag Here wil ek stilstaan by hierdie waarheid, hierdie ongelooflike besef dat U deur die nuwe verbond die Logos Woord op klip geskryf die Rhema Woord kom maak, wat op my hart geskryf is. U om doen dit alles sodat ek dit kan LEEF! Binne in my het U die blou druk geplaas sodat ek meer en meer soos Jesus kan wees. Vader bevry my hart, reinig my denke sodat ek met ‘n fyn oor en ‘n oop gemoed en ‘n gewillige gees kan luister na die GPS wat U hier in my hart geplant het.

Ek bi dit in die naam van Jesus Christus!

Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: