Liza Welsh

Wat ons nodig het om te saai en te maai

In Gebede on Augustus 8, 2013 at 15:03

“Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees. ” Joshua 1:8

Versorger, God wat gee en neem… in nederigheid staan ek weer verbaas en stom oor die wysheid wat U gee wanneer ons net vra. Here is 2 ure het u my kop afgehaal, omgedraai en weer opgeskroef, maar die keer het U hom reg aangeskroef! Ek het soveel in twee U by U geleer deur U getroue diesnkneg wat hierdie inligting aan ons openbaar het.

Vader laat hierdie woord soos U dit in my lewe ingespreek het Here saad skiet en groei sodat dit vrug kan dra.  Vader aan elkeen wat vir ‘n finansiele deurbraak wag Here dra ek hierdie gebed op. Here leer ons om te sien hoe daar in Lukas 4:16-19 in die selfde asem oor armoede en siekte gepraat word. Here U wil ons kom vry maak, ook van die swaar juk van finansiële druk.

Vader verskaf aan elkeen van ons die krag en insig om hard te kan werk, om die saad van ons tyd op goeie grond te kan saai. Vader wees ons dan genadig sodat ons die opbrengs, ons inkomste heel eerste sal aanwend om ons skuld te delg. Here leer ons om ook te spaar en om kieskeurig te wees oor hoe ons ons geld spandeer. Maak van ons goeie rentmeesters sodat ons verantwoording kan doen vir elke 1% van ons inkomste.

Here wys vir ons waar ons U geskenke moet saai sodat dit ook weer opbrengs kan lewer, eerder as om in ‘n bodemlose put the verdwyn.  Vader leer ons om lewe te spreek oor ons finansies en te glo dat U dit wat ons nodig het om te saai en te maai aan ons sal gee,

Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: