Liza Welsh

Die wete dat ons nie U afskeep kinders is nie.

In Koffietyd on Augustus 2, 2013 at 14:35

Hemelse Vader

Sal ek ooit die volle voortreflikheid van U Seun in woorde kan vas vang? Sal ek ooit kan verstaan dat U, U steeds met my bemoei?  U is die Maker, die Skepper van die hemele, die Grondvester van ons aarde. Die almag wat dit geverg het om dit alles te maak gaan my verstand te bowe.

Vader ek is soos ‘n blom wat verwelk, ‘n stem wat teen die wind fluister, en steeds bemoei U, U met my.  Here wie en wat is ek dat die Here, die Heerser van die hele aarde my op my naam roep? Hoe verstaan ek dat U voor die grondlegging van die aarde my naam gekies het en my toekomspad uitgelê het.  My hart galop in my bors wanneer ek daaraan dink dat U elke dag ‘n U oor aan my leen, dat U uitreik en my pyn voel, dat U my trane afdroog, en saam met my lag.  En die beste is, dit is nie oor wie en wat ek is nie, dit is oor wie U is. Dit het niks te make met wat ek doen nie, maar met wat U reeds gedoen het.

Here daarom wil ek in alle nederigheid U kom bedank, kom loof en kom prys. Geheilig is die Naam van die God wat in die ou tyd deur profete gespreek het, maar wat in hierdie laaste dae deur sy Seun openbaringskennis met ons deel.U het U Seun as die erfgenaam van alles aangestel, deur Sy kruis dood en Sy opstanding het U ook daardie erfgedeelte aan ons toegestaan selfs aan ons wat onsself daagliks met sonde besmet.

Dankie Here dat U vir ons lief genoeg was om U afskynsel, U afdruksel, mens te maak en aan ons te gee. Dankie dat deur Sy volmaakte offer aan die kruis en Sy oorwinning oor die dood, dat Hy ons vrygekoop het om ook U afskynsel en U afdruksel te wees.  Vader vervul ons met U Gees en was ons skoon, rig ons denke, ons paaie en ons doen en late sodat ons die sout vir die aarde, die lig vir die wêreld… volwaardige afdruksels van Jesus kan wees.

Here van die Engele het U gesê dat U van U boodskappers winde en vuurvlamme sal maak, maar van ons, die skepsels deur wie se longe U Godelike asem vloei, vir ons wie se liggaame soos ‘n kleet verslyt, het U ‘n ewigheid bewerkstelling. Vir ons het U, U Seun mens laat word, laat sterwe en laat opstaan sodat ons ‘n saligheid mag beërwe.

Vader terwyl daardie saligheid na die ewige verwys, laat ons ook besef dat dit ook saligheid vir nou beteken, saligheid wat opgesluit lê in die wete dat ons nie U afskeep kinders is nie. Ons is nie weeskinders en weduwees nie, ons Vader heers oor die hele aarde, Hy het reeds sy vyande gemaak die voetbank van sy voete. Ons bruidegom is die Regverdige Septer van die van die Almagtige, die Erfgenaam van die Vader, gesalf deur vreugde-olie.

Dankie ons Hemel Koning, U wat ons herstel, dat ons saam met U mag regeer, en dat ons mag baai in die vreugde-olie wat uit U binne stroom.  Vader mag U die werke van ons hande in stand hou, en mag U alleen daardeur verheerlik word.

Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: