Liza Welsh

Vader het ek so gewoont aan ons Woestyn lewe geraak dat ek te bang is om die Jordaan oor te steek?

In Koffietyd on Augustus 1, 2013 at 08:11

Ons Hemelse Vader, Bron van Wysheid en Kennis van oggend kom ek nedering voor u kniel.

“Daar is niks in hierdie lewe, daar is niks op hierdie aarde en daar is niks in al die hemele wat vir my meer beteken as U nie. ” Dit glo en weet ek met elke stukkie van my gees.

Daarom kom ek en vra vir U ewige wysheid. Soos ‘n opgewonde skool dogter het ek flinders in en ‘n hol kol op my maag. Aan die een kant is ek so ongelooflik opgewonde. Kan dit wees dat U ons gereed ag vir hierdie geleentheid wat na ons kant toe gekom het? Aan die ander kant is ek so versigtig omdat dit my kan besig hou en dat dit belangriker as U kan word.

Vader het ek so gewoont aan ons Woestyn lewe geraak dat ek te bang is om die Jordaan oor te steek? Of is dit nog oorblyfsels van die weeskind gees wat my verhinder om U Genade te aanvaar. Ek het geen probleem om genade te deel nie, liefde en omgee te gee nie. Met soveel gemak bid ek en glo ek vir wonderwerke in die lewens van mense vir wie ek lief is, mense wat ek nie ken nie maar waarom is dit dat wanneer daar ‘n moontlike deurbraak op my pad kom dat ek so onseker is.

Om te lei is lankal nie meer vir my ‘n probleem nie. En vir seer kry is ek ook nie meer bang nie. Daar is geen hartseer wat U nie kan gesond maak nie, en geen ongeregtigheid wat U nie kan herstel nie, maar sonder my  verhouding met U is ek niks…

Vader, laat U vrede oor my kom. Soos ons die Jordaan oorsteek, hou my gees naby aan U gees, my oor naby U lippe. Laat my aan U voorskrifte getrou bly. Laat niks wat onrein is uit my mond kom, laat broeder liefde bly, laat gasvryheid bly en laat opregte meegevoel bly. Laat my huwelik ‘n prioriteit bly, laat my gedrag vry van geldgierigheid wees, laat my steeds bewus wees van my afhanklikheid van U. Laat my nie rongeslinger word deur vreemde leering nie, hou aan om my lewe, my gees en my hart te louter, the reining en te heilig.

Laat my geloof groei, laat my steeds gedurig lof offers bring. Laat die vrug van U Gees vollop op my lippe wees en mag my hande steeds werk daar waar U vir hulle werk vind. Vader hou my gehoorsaam, laat my bewus wees van my rekenskap, laat die tydelike steeds vir my onbelangrik wees, hou my oë steeds gevestig op die ewige. Vader laat eerlikheid nie onderhandelbaar wees en laat integniteit die hoesteen van my elke woord wees. Mag daar wysheid uit my mond spoel, sodat U vereer mag word.

 

Vader ek bid dit nederig en vol geloof en hoop, in die Naam van Jesus.

Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: