Liza Welsh

die opregtheid wanneer ek sing: “Al sou die vyeboom nie bot nie…”

In Ontmaskering on Julie 2, 2013 at 17:25

So baie keer wil ons geestelik en geleerd in die Woord klink dat ons nie besef dat ons woorde leeg is nie.  Nog meer as dit, ons besef nie dat daardie leë woorde soos ‘n glas bottel bars teen die harte van ander gelowiges en dat ons hulle bebloed en gepynig lang die pad agter laat nie.

Die laaste paar maande, wanneer ek Job se storie lees, kon my naam maar net sowel syne vervang het. Ek pleint nie onskuldig nie… dat ek sonde het, erken ek; dat ek nie perfek is nie, erken ek… maar Job was ook nie perfek nie… Die ou vertaling beskryf hom as vroom, opreg, godvresend en een wat afgewyk het van kwaad… dit alles wat ek so hard probeer uitleef, dit alles wat ons as gesin probeer uitleef, dit wat ons as ouers ons kinders so hard probeer leer…

En soos Job, moes ek weer hierdie naweek vir die soveelste keer die afguns van ander gelowiges beleef, maar ook moes  ek die leë geestelike cliche’s wat so dwars deur my hart kom sny het, aanhoor….

Hoe sê jy met ‘n smile op jou gesig vir ‘n mede gelowige dat hulle dit dalk NODIG het om te om swaar te kry? …. ek verstaan goed dat leiding ‘n leerskool is… ek het al genoeg daarvan in my lewe gehad. Ook is ons God genadig genoeg om elke keer vir my uit te wys hoe Hy my nare ervarings laat blom, en nuwe lewe daaruit laat voortspring… maar wie is ‘n ander gelowige, wat op ‘n ander manier geseën word, om op my neer te kyk en te besluit dat daar iets fout is in my lewe, en daarom seën die Here my nie? Watter maatstaf gebruik sy dan om te bepaal dat die Here my nie seën nie? Hoe het sy besluit dat sy my moet groet met: “ek bid dat die Here julle ook so bietjie sal seën soos Hy ons seën….”

Hoe het sy verby my pragtige kinders gekyk? Hoe het sy verby ons gesondheid gekyk? Hoe het sy verby my droom van ‘n huwelik, en my lewensmaat gekyk, wat die Here so sorgvuldig vir my gekies het? Hoe het sy verby die warm glimlagte gekyk van die mense wat uit hulle pad gegaan het om my te kom opsoek en my te kom groet? Hoe het sy verby die boek vol wonderwerke op my skoot gekyk?

My liefste vrou…. geld en rykdom is NIE die selfde as God se seën nie… daar is soveel meer maniere waarop die Here sy kinders kan seën. En na ure se worstel en ‘n gedisekteerde hart… baie trane en bloed wat soos ‘n dam voor my knieë lê, het ek vrede. Dis net my uithou vermoë wat bietjie getoets word… die opregtheid wanneer ek sing: “Al sou die vyeboom nie bot nie…” 

Vir die soveelte keer in my lewe weerklink hierdie lied deur my hart:

“If judgement looms under every steeple, with lofty glances from lofty people who can’t see past a scarlet letter, and you never even met her.”

En my gees kan nie ander as om uit te roep nie… Vader laat U guns en seën my nooit so bederf, dat ek verblind word nie… mag ek nooit die dag vergeet wat ek die waarde van hierdie woorde geleer het nie:

“We all fall short and we all have sin, but when I am broken God’s grace begins…. I am Broken and Beautiful. “

Te midde van die storm in my hart… lig ek my hande en prys ek die ENGISTE God wat my kan red… die God wat my uit my sokkies uit seën… die een wat my oë verlig sodat ek die wonderlwerke in my lewe kan sien… al lê dit verborge vir die buitestaanders en die selfaangestelde gelowige hoëgeplaasdes.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: