Liza Welsh

tyd om te marineer in die gevolge van ons aksies

In Gebede,Koffietyd on Oktober 19, 2012 at 05:48

Liefste Hemel Pappie….

Here! Baie dankie dat U my herinner het aan daardie wonderlike, kosbare geskenk wat Ria jare terug vir my gegee het. Vir lank het hy op my book rak gestaan….

Ek is slegs op bl26, maar alreeds het hierdie boek my kop, my gees en my hart se deure wyd oopgesprei en alles op sy kop kom draai. Die drie gedagtes Here wat my kop laat maal (en ek dink dis die hele idée) is:

1. Hoe gaan ek voel op my sterfebed? Baie van ons sterf nie vinnig of skielik nie, die kanse is groot dat ons baie tyd gaan hê om te marineer in die gevolge van ons aksies…. Die waarheid is, ons maak elke dag daai bed op…. lei ons Vader om ‘n bed op te maak waar daar nie plek is vir self verwyt nie!

2. Dis net een sin wat my voete onder my uitgeslaan het Here: “What if your life continued to change the world, even after you died?”

3. Die laaste Here is my gebed… hier diep uit my hart en gees bid ek opreg saam met Sir Francis Drake: “Onderbreek my o Heer, wanneer ek te gelukkig voel oor myself. Wanneer my drome waar word omdat ek te klein en te min droom. Wanneer ek veilig by die hawe aankom omdat ek te naby aan die kuslyngevaar het. Onderbreek my o Heer.”

Amen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: