Liza Welsh

So as of gebed ‘n afstand beheer in plaas van ‘n intieme gesprek geword het.

In Gebede,Koffietyd on Oktober 18, 2012 at 05:34

Hemel Vader

Wat ‘n wonderlike voorreg om op so ‘n pragtige oggend met U te kan gesels. Daar is ‘n sagte en ongekende vrede in die minute voor die son sy verskyning maak. Dis ‘n vrede wat jou gedagter omvou soos ‘n digte mis en op die manier maak U die wêreld en al ons verantwoordelikhede en verwagtinge stil…. Sodat ons U stem kan hoor.

Here ons leef so in ‘n kits wêreld… alles moet dadelik geskied. Ons raak ongeduldig wanneeer mense nie dadelik ons boodskappe en oproepe antwoord nie… ons druk onsself, ons kinders, ons medemens en ons probeer U ook druk vir onmidelikke resultate… so as of gebed ‘n afstand beheer in plaas van ‘n intieme gesprek geword het.

Here oor en oor moet U my herhinner aan hierdie ding, want mense se pyn en leiding breek my hart en oor en oor wil ek net ‘n wonder septer swaai om al die nood te verlig…. Maar gesond word en heel word is soos tande sny …. Te veel op een slag is ‘n te groot kok vir die liggaam.

Baie keer raak ons ongeduldig en besef ons nie die waarde van tyd nie Here. Wanneer ons in ‘n gemors sit wonder ons hoe lank ons moet wag voor U gaan ingryp…maar nie vir een oomblik dink ons aan hoe lank ons al sonder U hulp aan die gemors bou nie.

Ons soek wonder werke soos instant pudding…. Mix, chill, SERVE!

Ons vergeet dat die regte lewe, die een buite ons konstrukte en ons verwagtinge is ‘n wêreld wat meer soos brood bak is…. Die deeg word gemeng, en geknie, dan rus die deeg in ‘n warm plek, hy word af geknie, laat rys en dan gebak…. Dis ‘n tydsame proses…. ‘n proses wat op U tyd moet gebeur.

Hemel Pappie leer my om opreg en met liefde EN BINNE U WIL te bid. Want U het my wonderbaarlik aan mekaar geweef en U het elkeen van ons gemaak om wonderbaarlike dinge reg te kry… leer ons om ons horlosies en ons emosies met U tyd en deur U Gees te laat lei. Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: