Liza Welsh

Vader ek wil daardie Goddelike liefde uitstraal

In Uncategorized on Oktober 12, 2012 at 06:42

Liefste Hemel Pappie
Daar is ’n fontein van energie en borrels van opgewondenheid wat hier binne-in my bruis. Die seën en die guns wat U die laaste twee dae veral oor ons uitgespreek het, gaan my verstand te bowe. Dankie klink so min teenoor dit wat U gedoen het vir ons en Here nooit weer sal ek dieselfde kan wees nie – U het ons waarlik aangeraak!
Pappa Vader, gisteraand terwyl die druppels so op die sink dak gespeel het, het ek U liefde ervaar soos U dit oor ons uitgestort het. Dis ‘n liefde wat my toegevou het, my vertroetel het en my geïnspireer het. En Vader ek wil daardie Goddelike liefde uitstraal….
Die versoeking is groot om my hart te verhard, veral omdat dit so seer is wanneer die klein engeltjies wat so ’n groot deel van my lewe is, sterf. Ook omdat die mense natuur veroorsaak dat mense soms nie eerlik is oor hulle situasies nie, party omdat hulle skaam is, ander oor dat hulle bietjie aan die gierige kan is…. die versoeking is groot om te oordeel omdat halwe waarhede so baie van ‘’n mens se tyd kan mors….
Vader ek is hier, brand skoon my binneste, haal uit wat nie daar hoort nie, Here en vul my met U onvoorwaardelike liefde, laat U liefde deur die krake van my menslikheid skyn sodat U Naam verheerlik kan word en sodat meer mense deur U liefde geraak kan word.
Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: