Liza Welsh

POSITIEWE momentum

In Gebede,Koffietyd on Oktober 11, 2012 at 07:43

Hemel Vader hier teen Donderdag raak dit so moeilik om af te skakel en net vir ‘n paar oomblikke stil te word woord U. Daar is sperdatums en onafgehandelde sake wat mens jaag en met die naweek wat nader kom, probeer mens soveel moontlik voor Vrydag Middag klaarmaak.

Vader daar is ‘n oorweldigende dankbaarheid wat hier binne-in my borrel, dis ‘n dankbaarheid oor die wiele wat ek kan sien rol en die dinge wat ek kan sien gebeur, maar dit gaan ook oor  die wiele wat al in die Gees rol, die dinge wat ek nog nie kan sien gebeur nie, maar wat ek weet U belowe het, sal gebeur.

Vader om U met my hele lewe te dien elke dag taak, dis my grootste verlange, daar is niks belangriker vir my as om U liefde en genade oor ander uit te stort nie. Maar uit my eie krag loop die put so gou droog, Here daarom wil ek vra, hou my genade tenk vol en laat my liefdes reserwes nooit leegloop nie. Sonder genade en liefde kan ons nie geduldig wees met ons self of ons mede mens nie. Sonder genade en liefde sal ons ook nie op U kan wag soos U ons gevra het nie.

Vader vandag vra ek U vir positiewe momentum, momentum in ons gesin se lewe sodat ons kan uitkom, daar waar U ons wil hê sodat ons, ons skeppings doel as gesin kan uitleef en sodat ons elkeen in ons posisie kan kom om ons individuele skeppings doele uit te leef.

Vader ek vra vir positiewe momentum vir ons elkeen se werk, Here laat elke letter wat ons skryf, elke taak wat ons aanpak herstel bring in ons land. Laat ons gesindheid verander Here wat êrens, by iemand moet hierdie kultuur van opstandigheid stop en terwyl ons vir U moet opstaan en moet veg vir dit wat U op ons harte lê, moet ons ook oppas dat ons nie ‘’n kultuur van anargie in ons kinders kweek, wat ons voorbeeld wil na volg nie…. daagliks hoor hulle uit ons eie monde hoe opstandig ons teen ons regering en die situasie in ons land is en tog verwag ons van hulle om ons gesag te respekteer, wanneer ons nie die gesag wat oor ons aangestel is, kan respekteer nie….

Vader ons is ’n land wat U brood nodig het, elke gesin het dit nodig om U tasbare liefde te voel en daarmee toegevou te word Here. Here gryp in, draai die negatiewe momentum om en verander dit in POSITIEWE momentum, laat die mense van ons PRAGTIGE land, waarmee U ons vertrou het begin om die land op te bou eerder as om dit met woord en daad af te breek!

Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: