Liza Welsh

So as of U wonderwerke ‘n wenresep sjokolade koek is

In Uncategorized on Oktober 9, 2012 at 05:43

Pappa Vader, vanmôre het ek die behoefte om eerder net te luister, as om te praat…. om eerder net te hoor wat U op die hart het. Ek is opnuut bewus van hoe klein my denke en my verwagting is, teen dit wat U in U Almag kan en wil vermag in mense se lewens… in my lewe.
In “The Message” was die opskrif van oggend: Become what you believe en dis die laaste gedeelte van Matteus waar u die blinde mans gesond maak, die duiwel uit dryf sodat die doof stom man kan praat… en waar U hart breek oor die gebrokenheid in ons wêreld.
En soos ek gister agter gekom het is my struikel blok nie dat ek sukkel om te word wat ek glo nie, maar eerder dalk wat ek glo… glo ek regtig dat U steeds mense genees, glo ek regtig dat U my kan gebruik as instrument of het ek al weer so vas begin kyk in die behoefte vir dokters en medisyne en die geld om dit alles te betaal dat ek vergeet om heel eerste by U voete te kom sit… sodat ek kan vra EN glo dat U wonderwerke sal verrig; sodat U die eer sal kry en nie die mens wat sonder U niks is nie.
Elke keer wat ek sit om te bid Here, is ek bang ek bid verkeerd…. elke persoon het mos deesdae ‘n formule vir suksesvolle gebed, so as of U wonderwerke ‘n wenresep sjokolade koek is…. maar ons hoor dit so baie dat ons dit begin glo…. net vanoggend toe ek vir die kinders op my lys wil begin bid oorval die vrees my, want wat as ek verkeerd bid… gaan hulle ook sterf soos die ander vir wie ek gebid het, en wat gesterf het?…. en so besef ek hoe die Satan begin het om gebed te gebruik om tussen ons en U te kom staan… êrens het ek begin glo dat ek die instruksies gee en dat U net bou en breek, en dat as my instruksies verkeerd is dat die huis in mekaar sal tuimel…. hoe verwaand kan ek nou wees…. die huis wil die argitek vertel hoe om te bou en die klei wil die pottebakker vorm….. nee wat Here, dis tyd vir huis skoon maak en dis ook weer tyd om my filters voor my ore te hang, sodat hierdie tipe van idees oor reg bid en formules en resepte nie weer kan sal kry om hier in my kop te kom ontkiem en te vervuil nie….. nee wat dis eerder tyd om te doen wat U woord sê, om die begeertes van my hart voor U bloot te le, om hulle aan U bekend te maak en te vertrou dat U steeds die beste vir ons wil hê, dat U ons leidsman is en dat U ons belange op die hart dra.
Een van die laaste sinne lees: “He looked out over the crowds and his heart broke.” Here ek besef nou dat hierdie idee van die regte formule bid soveel meer skade gedoen het as wat ek ooit kon besef, veral as ek so elke dag werk met die kinders se behoeftes en moet skryf oor hulle pyn en leiding dan begin ek wonder of U nog ‘n hart het…. want as ek kon het ek elke kind genees met een woord net sodat hulle nie meer hoef te lei nie. En soos ek hierdie sin skryf weet ek hier in my binneste dat U nie ‘n feetjie is nie, MAAR wel God is en dat U saam met ons huil wanneer ons gebuk gaan onder siekte en gebrek…. siekte en gebrek wat in die wêreld ingebring is deur die duiwel en die sondeval…. nie deur U nie. Ek besef ook dat wanneer siekte en gebrek aan ons deur klop en wanneer ons dit eers begin raak sien dat dit ons of nader aan U kan bring of verder van U kan wegstoot… afhangend van wat ons glo en wat se konstrukte daar in ons gedagtes is rondom U en die situasie.
Pappie ek will kom vra dat U my raam werk van wat ek glo kom restoureer en kom herstel, herstel my denke sodat ek nie sal struikel oor my eie negatiewe en afbrekende gedagtes nie. Here kom verpletter al die aangeleerde, negatiewe verwagtinge wat ek begin kweek het, omdat weer begin vas kyk het in mense se foute en se swak punte. Laat my eerder weer fokus op die Jesus in elke mense, en gun my die liefde en die insig om daardie deel van hulle te vertroetel en te versorg sodat ons almal meer en meer soos Jesus kan word.
Soos ek skryf voel ek al klaar die bruisende en borrelende klanke van ‘n lof lied hier in my hart, ‘n lied wat U eers vir U grootheid, ‘n lied wat U dankie vir U genade en U getrouheid…. ‘n lied wat hy herinner dat U en sleg U vir die son sê wanneer om te skyn, en dat U elke aand die sterre uitstal en dat U en slegs U vir die wind sê waarheen om te waai…. U is almagtig en U is groot en daarom mag ek maar groot droom en groot bid en groot glo…. want U is GROOT.
Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: