Liza Welsh

Hoekom bewe jou broek da so?

In Gebede on Oktober 18, 2011 at 19:58

Pappa Vader,
Vanuit my kleine menslike perspektief lyk die donker wolke onheilspellend, en die wind dreig om my teer mense lyfie van balans te waai. Die dreigende druppels laat my by voorbaat bibber en die blitse laat my koets…

en oudergewoonte kom skryf U, U Woord van wysheid op die tafel van my hart met U eie soortige fluister stem van Hoop: “Op jou knieë smeek jy vir seëninge om neer te reën op jou, jy vra My om die sluise van hemelse genade oop te maak, maar waarom bewe jou broek dan so wanneer die eerste tekens van My ja woord, die openbaring van My krag, jou in die gesig staar?”

Vader vandag kom belei ek weer voor U troon ‘n waarheid van ouds:
Voor enige nuwe lewende skepsel sy eerste asem in neem, is daar barings nood. Voor enige deurbraak lyk dinge op hulle donkerste; die grootste vloed van seën word altyd deur die grootste storm wind aangekondig.

Altyd het God gewag tot die Israeliete se vyande op hulle was, voor God hule vyand veslaan het. Op die manier het geseënde en verwenste elkeen voorry kaartjies gehad en kon hul die skouspel van God se almag en krag beleef.

Vader, ek dankie U vir die trom wat dreig en die seën wat op U tyd op ons neer sal reën.
Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s