Liza Welsh

God en genesing soos Connel dit op 7 verduidelik.

In Koffietyd on Oktober 7, 2011 at 11:46

Met die dat ons as gesin die tuis onderrig pad gekies het, kry ek baie keer die geleentheid om die kinders se geestelike tuine deur hulle skoolwerk te bearbei.

As deel van die Gr 6 Geskiedenis werk het ons gekyk na die geskiedenis van medisyne en om n bietjie geleentheid te skep vir hulle om te debateer en hulle laterale denkwyses te oefen het ek n vraag aan hulle gestel: Waar pas God in ons moderne medisyne en wetenskap aangedrewe wereld in?

Hulle insig het my verbaas en weer laat dink oor hoe ek die dinge verstaan. Op die ouderdom van 7 het veral klein Connel my voete onder my uitgeslaan. Hy sien dinge so: Ons is almal soos die motors in die rolprent Cars. Die lewe is die resies baan en die Hospitaal is net die ‘pitcrew’ terwyl God die coach is… Die een met al die wysheid, die een by wie ons heel eerste te behoort aanklop. Hy sal vir die hospitaal sê wat om te doen, hulle en ons moet net luister!

Hoe waar is dit nie? Laat ons onthou dat God die eerste opinie in ons lewe behoort te wees en nie die laaste uitweg nie. Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: