Liza Welsh

Om in beheer te wees…

In Uncategorized on Oktober 3, 2011 at 15:30

Vandag sit ek sommer so en worstel met die verstaan van waar ons mense se grootste trauma vandaan kom en hoe om myself veral my gesin ‘trauma proof’ te maak. Daarmee wil ek nie impliseer dat ons geen terugslae of teleurstellings of selfs tragedies sal beleef nie, maar eerder dat ons nie inmekaar sal stort wanneer die tipe van goed ons tref nie. En die groot probleem met trauma is die oorweldigende gevoel dat ons beheer verloor het. En dis juis by hierdie punt wat ek nie weer wil kom nie, want ek wil elke dag onthou en elke dag op die tafels van my kinders se harte grafeer dat God in beheer is en daarom as ons in die eerste plek nie in beheer is nie, hoe kan ons beheer verloor? Deur nou, terwyl jou see kalm is, of die vuur nog ver is beheer aan God oor te gee, sal jy in die middel van die storm regop kan staan en God kan prys vir Sy teenwoordigheid want jy sal dit kan voel… Het dit fisies Vrydag beleef terwyl ek toegekyk het hoe die Here met al Sy krag ons huis van n verwoestende vuur gered het. Die manne het hard baklei en hulle beste gegee… Maar dit was duidelik God was in beheer van die wind en die weer en die vuur. En as toeskouer kom ek dit ervaar, terwyl die vuurvegters te besig was. So terwyl Vader ons soms wel gebruik om vuur te slaan moet ons oop wees vir die tye wat Vader ons net as toeskouers en getuies daar wil he.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: