Liza Welsh

Hoe kan n God van Liefde toelaat dat ek seer kry?

In Uncategorized on Oktober 2, 2011 at 10:52

Oral in die Woord lees ons van ons God van Liefde, maar ons lees ook van Sy toorn, en dat Hy sonde straf. Wanneer ons so seer kry en gebuk gaan onder angs en bekommernis en wanneer ons so lei in ons leiding seisoen dan wonder ons hoe kan n God van Liefde dit toe laat? Nou wil ek jou vra, wanneer jy jou kinders tugtig of toe laat dat hulle die gevolge van hulle keuses dra… Is jy minder lief vir hulle as wanneer jy n pleister op plak? Wanneer onregverdige dinge en ongelukke gebeur as gevolg van ander mense se aksies en keuses… Is dit jou skuld? Of kan jy net jou bes doen om die geleentheid wat geskep is om iets te leer te gebruik en wysheid aan jou kind oor te dra? So gereeld wil mense ook weet hoe n God van liefde kan toe laat dat mense veroordeel word na die hel… Dit is net so goed dat jy n ma of pa vra hoe hulle kan toe laat dat n kind wat die wet oortree het deur die gereg gestraf word. Die kind is verantwoordelik vir sy keuse en was tenvolle bewus van die nagevolge van hul aksie… God het aan ons vrye keuse gegee – ons kan nie ons brood aan byde kante gebotter he nie. Ons kan nie maak soos ons wil en dan wanneer ons die gevolge moet dra, moet God nou ingryp nie… Ons sal soos n kind wees wat nooit sal leer hoe om verantwoordelikheid vir ons aksies te neem nie. Maar die wonder van God is Sy genade… Die oomblik wat ons verantwoordelikheid neem vir ons aksies en ons foute erken, redeem hy ons situasie en herstel Hy ons. Ook in situasies wat ons in onskuld tref is God ook soos n goeie ouer heeltyd langs ons en gee hy ons die raad en krag en liefde en ondersteuning wat ons nodig het om meer volwasse anderkant uit te kom. Mag die woord vandag vir jou vrede bring. Ek vra dit in die naam van Jesus. Amen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: