Hemel Vader vanoggend tree ek in vir Reef, sy gesin en hulle familie en vriende. Vader volgens menslike terme en binne ons verstaan lyk dit of ons die een terugslag na die volgende beleef, en ten midde van hierdie teleurstelings wil ek terug kom na die waarhede waarop ons, ons geloof kan bou:
U is getrou! U is in beheer! EN daarom Here vertrou ons dat U die oplossings sal bring.
Vader U ken Reef se leiding, U weet hoe hard hy baklei en U weet hoeveel lewens U deur Reef se storie al geraak het. Vader daarom ervaar ons U vrede rondom hierdie saak en glo ons sat U ons die wysheid sal gee om hierdie situasie volgens U wil te hanteer.
Vader ons dank U vir hierdie geleentheid wat ons nog nader aan U te bring, en ook vir hierdie geleentheid waar U Naam verheerlik kan word deur U krag wat daardeur geopenbaar sal word.
Amen!