Liza Welsh

Wanneer jy soos n kat op n warm stoof plaat dans!

In Uncategorized on September 29, 2011 at 12:44

Vanoggend soek ek na n prentjie om die rol van ons geloof aan kinders oor te dra… En soos ek soek wys Vader vir my die voorbeeld van wortels… En hoe mooi is dit nie… Ons geloof is soos wortels… Dit anker ons, voed ons… Dit verseker dat ons kan voort bestaan… maar wortels werk op n wonderbaarlike manier. Ja hulle het water nodig, nes ons liefde en ook vrede nodig het. Te veel water veroorsaak dat wortels vrot, nes te veel vrede en n lewenspad wat te gelyk is veroorsaak dat ons al die genade wat aan ons gegee word opgaar eerder as om dit te deel en wanneer dit gebeur word ons ook dikwels vrot van gees. Jy sien nes die wortels van die veld gras gestimuleer word deur die hitte van die lente son, maar ook deur die hitte van n verteerende vuur of veld brand en dan pragtige nuwe blare uitstoot, soos is die mens en sy geloof ook. Daar is niks soos n krisis om ons geloof te stimuleer nie… So wanneer jy soos n kat op n warm stoof plaat dans, of wanneer jou situasie vir jou onmootlik lyk; weet dat God steeds in beheer is en dat die krisis jou gees nie hoef te breek nie… Jy kan na die vuur verby is weer mooier as van te vore blom en groener blare uitstoot as die wat die brand verteer het! Fokus net jou geloof op die God wat Herstel! Dankie Jesus vir U genade… Dankie dat ons U kan vra om elke situasie te ‘redeem’ en dat U getrou is en ons versorg! AMEN!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: