Liza Welsh

‘n Gebed vir een van U kosbare dogters

In Uncategorized on September 29, 2011 at 23:33

Hemel Vader, vannaand druk U die naam van een van U dogters hard op my hart. Die donkerwolk wat haar omring laat ‘n swaar gevoel in my gees.

Here ek weet nie wat om names hierdie dogter tot U te bid nie, ek weet nie wat haar omstandighede is nie, we weet nie wat haar nood of U groter plan is nie.

Al wat ek vra Here, laat U Gees names my vir haar intree, soos Soekie vandag gesê het, U Gees neem selfs net ‘n sug en vertaaal dit na ‘n hemelse taal, en so peit ek Here, so kom staan ek in die gaping en tree ek in die bres vir hierdie dogter vir wie U so lief is.

In my gees sien ek haar verlede wat soos ‘n bloedorstige wolf haar van agter bekruip en my hart klop vinnig in my bors wanneer ek haar benoudheid beleef… Vader maak haar vrei van die bindinge wat haar weerhou daarvan om nader aan U te beweeg. Maak haar los van haar verlede sodat sy haar arms kan uitstrek na U, sodat die nuwe lewe wat in haar groei in vryheid gebore kan word en nie in balangskap nie.

Vader sou dit U wil wees, bewerkstellig ‘n ontmoeting sodat ek hierdie dogter met U liefde kan bemoedig en U hande en voete in haar lewe kan wees…

Ek bid dit in die naam van Jesus.
Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: