Liza Welsh

Gebed vir Vandag

In Uncategorized on September 28, 2011 at 10:42

Pappa Vader, saam met David wil ek vanoggend vra, wie is die mens dat U aan hom sou dink. U is groot en almagtig, ek nietig en klein, n skepsel van U hand. Vader seen U skepsel vandag, wees U skepsel genadig en laat geen onheil oor my kom, sit n wag voor my mond en laat my op die nou pad wandel. Laat my in U autoriteit beweeg, wees my genadig soos U Paulus genadig was op Melite, laat die adder se byt my nie skeel nie en laat dwase gedagtes nie my denkpatroon vergiftig nie, gee die vyand nie n oop deur na my gees. Vader terwyl ons nietig en klein is, is ons steeds meer as die voëltjies van die lug en die blomme van die veld en daarom kom sit ons in afwagting, in geloof en in nederigheid voor U voete en wag vir U voorsiening. Ons dank U vir U seen, U genade en versorging uit U hand. Ons bid dit in Jesus Naam. Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: