Liza Welsh

Die Voorste Linie

In Koffietyd on September 27, 2011 at 12:05

Vanoggend lees ek weer in Handeling 27 van Paulus wat as gevangene op die skip is, wat deur die storm meegesleur word. EN die ding wat my die heel meeste opval is die standvastigheid van Paulus se geloof… nie een van die verse dui daarop dat Paulus gevra het waarom die ramp hulle getref het nie, nie een vers dui daarop dat hy kwaad was vir die Here, of fout gesoek het nie.

Daar is ‘n vers waar hy die kaptein herinner dat hy aanbeveel het dat hulle nie vêrder vaar nie, maar selfs in daardie vers is daar geen verwyt nie; eerder slegs ‘n vermaning om volgende keer te luister.

My gedagte dwaal ook vêrder as Paulus so rots vaste geloof, en hulle dwaal terug oor die gebeure soos dit tot dus vêr in Handelinge opgeteken staan. Jy sien, ek sit met ‘n innerlike stryd, want aan die een kant het ons onlangse gesprekke met vriende, geliefdes en selfs kennisse gedraai op die punt waar ons begin bespiegel het waarom die teenspoed sekere mense tref en ander nie.

In ons menslike verstaan en kennis en gebore uit die mens se natuurlike manier van verstaan is die idee gebore dat mense wat ‘n skoon, rein lewe lei, minder geneig is om hul self in moeilike situasies te bevind, en vir ‘n paar oomblikke het dit sin gemaak…

Maar wat dan van arme Paulus… die man het sy lewe vir God en die verspreiding van die Evangelie geleef en tog is hy verag, vervolg en het hy in onmoontlike situasies beland.

As ons ook na die ander apostels se lewens in Handelinge kyk, dit was alles behalwe ‘n gelyke weg! Hulle lewens was gekompliseerd, hulle is vervolg, veroordeel en soms selfs verjaag EN om die lewe gebring… en daarom kom ek tot die gevolg dat ons versigtig moet wees wanneer om mense volgens hulle omstandighede oordeel of selfs dalk jammer kry… want dis tog die voorste linies van enige weermag wat die hardste moet baklei en wat dikwels die seerste kry!

Hemel Vader, vandag dra ek elke een wat in die voorste linie van U weermag baklei aan U op. Maak elkeen so standvastig in hulle geloof soos Paulus. Laat hul onthou om el;ke dag hulle wapen rusting aan te tek, an al lyk dit of hulle boot in die storm agtige see verlore sal gaan, laat hulle, hul oë gevestig sal hou op U en sal weet dat nie haar van hul hoof sal val sonder dat U dit weet nie.
Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: