Liza Welsh

Herbou Sy tempel!

In Koffietyd on September 18, 2011 at 22:52

Vanoggend lees ek Hansie Smit se Facebook status, dis ‘n profetiese woord wat my hart laat bokspring en my voete laat dans… dis nou jou tyd om die GRENS oor te steek en die BELOOFDE land in te gaan. Vir so lank voel ek soos ‘n kameel wat droë bek op die buiterand van ‘n oase staan… ek oes en oes en dit wat ek saai bly min. Ek werk en werk, en kan nie altyd veel vir my moeite wys nie….

En so maak die Here vannaand sy woord vir my oop by Haggai… en die Here sê daar vir ons “Neem ter harte wat met julle gebeur. Julle het baie gesaai en min geoes…” Hy gaan vêrder en sê Neem ter harte wat met julle gebeur…Gaan haal hout in die berg en bou MY huis sodat Ek eer kan ontvang….”

En dit is dat ons so maklik met goeie dade en werke betrokke raak dat ons vergeet om by die Here ‘n draai te kom maak, by Sy voete still te word en so maklik bou ons aan ons eie huise, maar dan vergeet ons van die Here se tempel wat in puin lê.

Nou vra ek myself… wat of wie is die Here se tempel… Die fluistering in my gees herinner my dat jy en ek elkeen God se tempel is, en daarom is dit belangrik dat ons fisies aan ons liggame werk… hoe lyk jou liggaam, is hy gesond? En hoe lyk jou medemens se tempel wanneer jy klaar met hom gesels het, het jy dit wat hom of haar so seer maak herstel, of het jy meer verwoesting met jou teregwysing gesaai?

Herbou Sy tempel, soek more daai stukkie van die Messias wat versteek is in elkeen wat jy tee kom, en komplimenteer daai person op daai eienskap wat hulle met ons Messias deel, soek ook die Messias se eienskappe in jou, en bou op die manier Sy tempel weer op.

  1. die liggaam is mense, ja, maar fokus op die innerlike mens. Ons fisiese liggame is tydelike skuilings.

    Jy is baie reg daarin dat ons gewoel ons nie toelaat om Sy stem te hoor nie. Ek sit jare reeds aan Sy voete en is materieel dus brandarm. Maar Hy gaan my gebruik omdat ek, soos Job, diensbaar geraak het agv baie intieme, persoonlike verhouding. Sosiale lewe, sport, selfs familie is altaar toe en moes daar agtergelaat word. Nes Elia asook die dissipels. Die prys was groot om te betaal maar groter om te ontvang.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: