Liza Welsh

Vrees word vervang met Vrede en Gesag.

In Ontmaskering on Junie 13, 2011 at 11:31

Terwyl hierdie proses van self ondersoek oor die laaste paar dae plaasgevind het, het my oog meer male op die woord BANG gaan rus. Ek is BANG vir verwerping, ek is BANG vir mislukking… ek is BANG dat ons slagoffers van geweld sal word… en so kan die lysie aanhou groei. Dit het my laat besin en bid oor die konsep en ook die uitwerking van vrees.

Wanneer ons in Romeine 8 lees, dan kom ons by vers 20 wat sê: Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.”  En dit het my laat wonder, wat is dit wat die openbaarmaking van die kinders van God hinder, en die antwoord natuurlik, is vrees, en dan die maskers wat ons probeer aantrek ten einde om ons vrees te verbloem.

Die probleem met ons maskers is, soos ons vroeër gesien het, dat hulle ons beweeg ruimte inperk, en ook dat ons die oorsprong van ons probleem ignoreer en so eintlik die probleem net vererger.

Baie van die rede vir ons vrees om ons te openbaar aan mense is opgesluit in Matteus 7. Daar praat Christus met ons wat al klaar in Hom glo, en waarsku hy ons dat ons nie mekaar moet veroordeel nie. En met goeie rede – Hoe vinnig is ons nie om Sondag oggend, na Saterdag aand se braai vleis en geselligheid, ons gaste of gashere te bespreek nie.

Dit klink dalk bekend: “Jannie Ja Broer is ‘n ouderling in die kerk, maar het jy gesien hoe swaar sy hand geraak het soos die horlosie aangestap het… en sy kinders… het jy gesien hoe hulle in die chips ingevaar het? Het jy gesien? Sannie Sanik het al weer vierkantig op Koos Bangman se kop gesit, en dis waarom hulle so vroeg huis toe is….”

So gaan ons aan, en met elke bespreking probeer Mamma eintlik maar net haar  gewete sus oor die skinderstorie of drie wat sy in die kombuis, so met die slaai maak slag, vertel het. En Pappa is nie so onskuldig nie, want hy probeer ook bietjie gewete sus na die laaste paar grappe wat om die braaivleis vuur vertel is. Jy sien dis uiters ongemaklik om met ‘n skuldige gewete in die kerkbank te sit.

In die tussentyd maak ons almal wat met soveel oordeel na onsself en ander kyk die lewe vir mekaar so moeilik. Elke tree het geword soos die van een van daai sirkus mensies wat bo-op die spantou probeer loop… en keer op keer is ons so moedswillig dat ons die vangnet onder mekkar afhaal. Ons wag ook net totdat ons pêllie nou lekker gevorder het, voor ons met ons streke begin. Vir wat ons, ek in kluis, so verspot is, weet ek nie.

En dit was veral na my koffietjies met my buurvrou en ‘n herinnering aan ‘n vorige geselsie met antie Joyce dat ek besef het wat dit is wat Vader met Matteus 7 en Romeine 8 vir my probeer sê:

Die eerste stukkie vangnet wat ek vanoggend onder jou wil span is dit: wees minder gepla or wat in jou buurman se jard aangaan en dan sal hy ook dalk minder gepla wees wat in jou aangaan. En as hy nie minder gepla is nie, sal jy tenminste meer vrede in jou gemoed hê.

Wat ek hiermee probeer sê is die selfde as wat antie Joyce nou die dag vertel het van haar huwelik. Sy sê sat sy al oor 40 jaar getroud is, met een  man, maar dat die laaste 10 jaar die maklikste was, want sy het tot die besef gekom dat dit nie haar werk is om haar man te verander nie. Indien hy moet verander, dan sal die Here dit doen. Die selfde geld as hy besig is met iets wat jy dink nie God sal behaag nie, dan moet jy die Here vertrou om hom tot ander insigte te bring.

In die tussentyd, het jy nou meer vrye tyd, omdat jy minder besig is om jou man te verander, en dan sal jy dalk uiteindelik tyd hê om vir hom lief te wees en jou boek ook nog te kan lees.

En so kan ons hierdie beginsel oral aanpas: jou vriende, die res van jou familie en dit sal jou ook help om effe meer kalm oor jou kinder te wees.

Die tweede stukkie vangnet kom ook uit Romeine 8, vers 26-31. En as ek ‘n parafrase daarvan sou maak sou dit so klink: Die Gees kom ons swakhede te hulp, omdat God weet dat ons nie altyd weet hoe om te bid of wat om te maak nie. Die Gees kom deursoek jou hart en vir die wat rein van hart is, (m.a.w. nie sonder sonde is nie, maar die wat rein is op grond van Jesus se bloed wat hom skoon gewas het, en die wat rein van hart is omdat hulle opreg Sy wil probeer gehoorsaam) vir hulle sal alles ten goede mee werk. Die wat deur Hom geroep is en deur Hom geregverdig is, is ook al klaar deur Hom verheerlik.

Daarom het ons nie die verheerliking van mense nodig nie, en wanneer ons nie die verheerliking van mense meer aanhang nie, en nie meer mense oordeel nie, het vrees nie meer ‘n hou vas op ons nie.  Die oomblik wat ons vrees van ons kan afgooi, en dit van ons siel en gees kan verwyder, dan sal ons mense kan aanraak soos Jesus hulle aangeraak het, met gesag. Ons lees van hierdie gesag in Matteus 7:28 en 29: En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die mense verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.

Dit strek veel vêrder as dit, met die wete dat God alles ten goede sal laat mee werk, maak dat ons tragedie en moeilke situasies makliker kan verwerk. God beloof nie dat teenspoed ons nie sal tref nie, maar eerder dat Hy ons nooit sal verlaat nie en dat niks ons uit Sy hand kan wegruk nie.

Onthou dat God Gees is, en daarom te midde van moeilikheid, teenspoed of gevaar kan jy rus in die feit dat alhoewel jy dal fisies seer kan kry, dat niks jou gees kan seer maak nie. Rus ook in die wete dat al sou jou vlees seer kry, dat Vader dit ook ten goede sal laat mee werk.

Vanuit hierdie perspektief hoef ons ook nie in vrees te leef, in ‘n land waar daar so baie dinge is wat ons bedreig kan laat voel nie. Ons kan in outiriteit stap en weet dat geweld en misdaad ‘n realiteit is, maar dit is ‘n realiteit wat ons nie self en alleenhoef  te hanteer nie.

Daarom bid ek dat die gees van vrees van elkeen van ons se gees sal skei, en dat Vader in die plek van vrees vir ons vrede en rus en outoriteit sal saai.

 

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: