Liza Welsh

Nog ‘n stel maskers!

In Ontmaskering on Junie 11, 2011 at 11:33

Vanoggend duur die self ondersoek voort, en eers lees ek Romeine 6 wat handel oor hoe ons nie genade mag gebruik as ‘n verskoning om aan te gaan en in sonde te leef nie. Genade is nie is stukkie gereedskap wat ons kan gebruik om ons gewete mee toe te pleister nie.

En so dink ek weer oor die dag van gister, en soek vir ‘n rede waarom Vader dit so bewerkstellig het dat ek juis by hierdie hoofstuk vandag sou kom stilstaan. En soos ‘n seer duim staan my ongeduld uit tussen die relatiewe vreedsame dag van gister. Tog vestig die Gees my aandag daarop dat ek net ongeduldig is met die mense om my, wanneer ek besig is met my werk.

Ook herinner die Gees my aan ‘n gesprek wat ek Donderdag op die Radio gevolg het. Soekie Krog het gesels oor die redes waarom ons nie altyd deurbraak ondervind wanneer ons bid nie. En een van die redes wat sy bespreek het, het gehandel daaroor dat ons so baie keer net oor die simptoom bid en nie vêrder gaan soek na die wortel van die probleem nie. So het ek haar advies vanoggend gevolg en vir Vader gevra waarom dit is dat ek so ongeduldig raak met mense, terwyl ek besig is om te werk.

Van die kantlyn af moet dit eintlik heel komieklik wees om my dop te hou. Die een oomblik en vir baie oomblikke aanmekaar geheg is ek geduld van self, ek raak nie kwaad nie, niks kan my omkrap of frustreer nie, en dan soos blits bars die donder stom los, en die donderslae weergalm hier in ons vallei. EN vir 4 jaar gaan dit al so, en vir 4 jaar bid ek elke dag vir meer geduld, maar die uitwerking bly tydelik. En elke keer wat die geduld dan uitgewerk is, is die emosionele ontploffing soveel groter as die vorige keer.

So kon dit nie langer aangaan nie, so ek het maar Vader se hand geneem en gewag vir Sy openbaring. And lone behold, wat sal Vader my vandag weer laat ontdek hier binne in my hart se klerekas? Nog ‘n stel maskers! Nog ‘n reus wie se kop afgekap moet word! So uit kom die Swaard van belydenis en bekentenis.

Ek, Liza Welsh is bang vir mislukking, ek was nog altyd.

Daarom dra ek die masker wat probeer bewys dat foute en probleme nie so ‘n big deal is nie, ek probeer die masker van eindelose geduld dra. Maar die gedagtes en emosies wat deur daardie masker wegsteek word, draai en tuimel soos ‘n orkaan binne my.

Die vrees vreet my op:
Daarom vereis ek perfeksionisme van myself en my gesin en die wat saam met my werk.
Daarom raak ek verbouereerd en maak ek onnodige foute.
Daarom raak ek verdedigend wanneer daar kritiek uitgespreek word oor my werk.
Daarom is ek gou om krities na ‘n ding te kyk, en dan negatief daarop te reageer.
En daarom is ek so vinnig om foute reg te probeer verduidelik deur my verskonings… I am the king of excuses sê DC Talk….
Daarom blameer ek ook ander vir my foute.

Vanuit die twee stryd tussen die masker wat moet bo bly, maar wat konstant wil afval, word daar ongeduld gebore.

Weereens lyk die verpakking wat ek vir my en my gesin ontwerp het, ten opsigte van ons hantering van foute en moontlike mislukking pragtig. Met net hier en daar ‘n skeurtjie waar my ongeduld so nou en dan uit peel. Maar sien jy die probleem? Weereens is my motief verkeerd. Weereens word ek deur vrees gemotiveer en nie deur die wil van God nie.

Daarom herhaal ek weer… nou dat hierdie masker af is, wil ek nie hê dat jy my met handskoene sal hanteer nie, ek wil ook nie hê dat jy op eiers rondom my moet loop nie. Jou kritiek is welkom, want dit gee my kans om te oefen, dit gee my kans om die drang om my masker uit die as te gaan haal, te weerstaan.

Nou dat die masker af is, kan ek met vryheid skep en werk en so kan kreatiwiteit in my werk blom.

Nou dat die masker af is kan ek met oortuiging vir my kinders leer wat ek nog altyd net vir hulle gesê het: a mistake is only a failure when you refuse to fix it; a mistake only leads to catastrophe when you allow it to become a failure.

Nou dat die masker in die vuur is, kan ek weer met entoesiasme moeilike projekte aanpak, en God vertrou vir Sy seën.

Nou dat die enigste oorblyfsel van my masker as is, is die wond wat die baarmoeder van vrees was, gereinig deur God se hand. Die baarmoeder van vrees het die saad van Sy Woord wat deur  Sy Gees gesaai is, ontvang.  Uit hierdie baarmoeder sal voortkom die vrug van die Gees, die vrug van WARE geduld.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: