Liza Welsh

‘n geestelike aandoening

In Ontmaskering on Junie 8, 2011 at 13:54

Die dae wat tussen my wedergeboorte en die aanvang van die bediening waarvoor ek geroep is, het soos ‘n ewigheid gevoel.

 

As ek dit deur middel van ‘n prentjie moet beskryf, dan sou ek dit vergelyk met die ure wat ‘n mens spandeer om die kant stukke van ‘n 3000 stuk legkaart uit te soek. Jy juk so om hierdie legkaart gebou te kry, en met die taak te begin, maar jy weet ook dat dit soveel vinniger sal gaan as jy eers die stukke uitsorteer.

 

Gefrustreerd… haastig, geïrriteerd en moeg het ek gister oggend op my bed gesit. Miachlan het skaars geslaap, en wat presies haar koors en knieserigheid veroorsaak het is tot nou toe nog ‘n raaisel.

 

Tog het hierdie knieserige dogtertjie my vir die eerste keer in weke tot stilstand gebring. Sy wou op geen ander plek as in my of haar pappa se arms wees nie. Aangesien pappa en die seuns ‘n afspraak met die jag veld gehad het, was ek en Blom op ons eie.

 

Eers het tannie Joyce (Meyer) bietjie aan my hart snare gepluk en my gesindheid aangepas. Ek het aandagtig geluister en gedink dat ek nou my boodskap vir die dag gekry het. Ek was haastig om my dag take te verrig, sodat ek by my ander belangrike werk kon uitkom.

 

Soos dit ‘n goeie gelowige betaam, het ek my probleem na my Redder geneem. Ek het gebid en gepleit… maar maak nie saak watter kant toe ek gepleit het en met watter slim woorde ek probeer het om God (en myself) te oortuig dat ek met die regte gesindheid en sonder selfsugtige bybedoelinge my gebed gebid het nie… hierdie “struikelblok” wou net nie move nie!!!

 

En so sit ek toe baie afgehaal en terneergedruk oor my klein geloof, wat maak dat ek hierdie berg nie kan versit nie… steeds met ‘n knieserige dogtertjie op my skoot en luister na Esté Geldenhuys. Ek het gehoor van die Beyers Bytjies en van ‘n paar ander mense… en met ‘n tikkie sarkasme het ek in ”verborge” selfgesprek geredeneer oor hoeveel mense ek, nes die ander mense met wie sy gesels het, deur Tree of Life kan help, as ek maar net by my werk kon uitkom, as God maar net my gebed wou verhoor dan kan ek Sy werk doen….

 

Gelukkig was daar n nugter oomblik wat die Heilige Gees my gedagtes onderbreek het. In hierdie nugter oomblik het Esté Geldenhuys met ‘n dame, Bibi, gesels. Die gesprek het oor maskers, en die maskers wat ons dra gehandel.

 

Met eens kom weke se skrif en gesels van die Here se kant af en maak dit vir my sin….. al my frustrasies en irritasies, kan eintlik maar aan die deur van ‘n dink wyse gelê word, eerder as aan die deur van ‘n God wat nie luister nie. Dit het niks te doen gehad met ‘n tydlyn wat nie volgens my begeerte en beplanning wou uitwerk nie.

 

Dis waar….My grootste harts begeerte is om elkeen wat Pappa oor my pad te bring, volgens Sy Maatstaf, Sy heilige Meetstok, Sy Wil te help. En ja daardie droom is van God. Dit is my skeppings doel. Maar waarom dan al die frustrasie??

 

Die probleem het ingekom omdat ek nog nie al die kant stukke gehad het nie… ek het haastig geword. Dis nog bietjie voorbereiding wat gedoen moet word… versterkings wat aangebring moes word.

 

Jy sien, ek het weggespring en hoe meer en meer ek die fondasie vir hierdie bediening waarvoor ek geroep is gegrawe het, hoe meer het dit eerder in ‘n bedoening onaard. Hoe harder ek aan my skeppings doel gewerk het, hoe meer het dit hierdie groot taak geword. En ek het besiger en besiger geword, en alles om my het al hoe meer chaoties geword. Toe ek geforseer is om die stof uit my oë uit te vee, het ek die helfte van my se toolbox onder die sand verloor en my veiligheidsbril het ook so vol stof geword dat ek blind rond getas het en geraai het waar ek moes spit.

 

Maar, laat ek nou maar eerder ophou om dit oulik te probeer stel en reguit praat oor hierdie saak. Dis beter om so sonder te veel gedink, uit die heup uit te skiet, al maak dit my hart skaam.

 

Die eerste teken dat dinge nie pluis was nie, was dat my sakkie geduld gekrimp het, saam met dit het die trane al hoe vlakker begin sit en vrede het ‘n mean game plan gehad om ons gesin te vermy.

 

My gedagtes, my diep verborge self gesprek het soos volg gelyk:”Kan julle mense nie verstaan dat ek besig is met God se werk nie… Dis belangrike werk!!!! Julle kan elke dag julle eie samies maak, maar die oomblik wat ek my blaker op hierdie stoel kom neer sit kom julle my PLA!!!!”

 

Nog meer skrikwekkend as my verborge gedagtes was my gebed. EN dis tye soos die wat ek regtig waardering het vir Pappa se sin vir humor, want anders dink ek was die versoeking al baie groot vir Hom om my so bietjie te blaai soos die manne sou sê, of dalk sommer my sokkies vir my op te trek… my gebed het nogal so amper soos ‘n psalm geklink toe ek hom gebid het, maar nou, nou begin dit eerder vir my na een van Job se aanklaers se monoloë lyk.

 

Maak gereed hier kom hy….” Pappa Vader, my gebeente is verskrik en my oog dof van smaad… in my eie huis word U Wil teengestaan. Here laat die skille van my mense se oë afval dat hulle ook U volmaakte wil kan verstaan….”

 

Ander kere was dit baie meer eenvoudig… “Here maak net bietjie vuur onder hulle sodat hulle ook bietjie sal help om hierdie bedoening ‘n werklikheid te maak. Hulle hou my terug Here… hulle weerhou my van my Skeppings taak.”

 

En gister oggend tref die Heilige Gees  toe hierdie heilige reus in my gees dwars tussen die oë… Met die neerval slag besef ek toe…ek is nie besig met ‘n bedoening of een of ander taak nie… nee God het my EN my gesin geroep om Hom te dien… dus het Hy ons tot ‘n bediening geroep, en deel van my skeppings doel is om Mamma en vrou te wees. Nes God daardie twee posisies vir my beskikbaar gestel het, net so sal Hy ook my ander posisies vir my oop hou, Hy sal nie my plek vir iemand anders gee nie.

 

In elke geval wou hierdie reus nie spanlede gehad het nie, nee sy wou PR vir God speel… ek wou my perfekte gesin, elkeen so vroom, so prefek, so wit so rein soos…. wit gekalkte grafstene moes die arme ander vier lede in my gesin in hulle vertoonkas-hok sit sodat daar na hulle gekyk kan word, sodat ek geprys kan word en so doene sal my bedoening… wat eerder ‘n geestelike aandoening geword het… geloofwaardig wees.

 

Ek wou vir elkeen van hulle ‘n verpakking ontwerp wat my smaak pas, en wat vir die wêreld aanneemlik was… die boodskap het vir my minder belangrik as die teiken mark geword. En ja terwyl jou teiken mark se voorkeure belangrik is terwyl jy ontwerp, kan jy nie valse beloftes oor jou produk of diens maak, net omdat dit is wat jou teiken mark wil hoor nie… jy sal met jou stert diep in baie warm water beland!!!

 

Sjoe, hoe lekker het die duiwel ook seker nie vir my gelag nie… ek kan sommer nou al sy facebook status sien… Liza Welsh… what a laugh… lol… rofl… lol… rofl….!!!!!

 

Maar dankie vir ‘n geduldige Vader wat konstant spreek en soos Hy spreek val die saad en dit wat ‘n tydjie om te ontkiem en wortel te skiet, maar tog ontkiem dit wel en so groei dit. So besef ek, dat ons by die begin moet begin, en om die reus se kop af te kap, moet ek eers die ekstra lae klere wat ek bo-oor my bruidskleed aangetrek het afskeur…  die wit kalk van ons gesigte afwas, dat ons nie soos wit gekalkte grafstene lyk nie.

 

Ek sal heel eerste my eie maskers moet afhaal sodat ek net in my hemelse gewaad kan staan… want die skeurtjies en die krakies maak dat Sy lig van binne my op Sy beloved langs my skyn. En dan sal ek ‘n veilige omgewing moet skep waar my  gesin sal voel dat dit veilig is om van die masker wat ek met soveel moeite vir elkeen van hulle aangeverf  het die gewaad waarmee ek hulle so sorgvuldig vir die vertoon kas opgetof het ontslae te raak.

 

Ons sal almal moet leer dat dit dat dalk juis die plooitjies is wat die eerlikheid van die boodskap wat ons moet bring sal ondersteun, want terwyl ‘n bietjie lipstick nodig is vir ‘n vrou om op haar mooiste te voel, is dit ook waar dat niemand ‘n vrou vertrou wat nie haar wenkbroue kan beweeg of wie se klere smaak meer modieus is as haar tiener dogter se smaak nie….

 

Ek het onthou dat perfeksionisme volgens die wêreld se standaarde van plastiek gemaak is, en dat daai plastiek nie die hemelse vuur sal oorleef nie. Te danke aan ons God wat my gebed nie dadelik verhoor het nie het ek besef dat dit tyd is vir my om vir goed daardie standaarde in die pad steek, en hulle in die naaste trop varke in te jaag… daar waar hulle nooit weer een van God se beloved kan seer maak nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: