Liza Welsh

Die onheilige probeer meer heilig voorkom en die heilige probeer minder heilig voor kom.

In 80 Dae van Skattejag,Koffietyd on April 5, 2011 at 12:08

Laas keer het ons gesels oor die effek van ‘n arrogante hart… en die drukkook proses waardeur ons so gereeld gaan.  Ons het ook gesels oor van die redes waaroor ons harte verhard en ons het ligtelik geraak aan die belangrikheid daarvan om jou identiteit in God vas te maak.

Die Nuwe Testament word deurtrek met verse wat verwys na die feit dat ‘n boom aan sy vrugte geken word. Jy kan meer daaroor gaan lees in Matt. 7:17-20. 12:344b-35, Luk 6:43-45 en ook word die vrugte van die Gees vir ons in Galasiërs 5:13-22. Ons lees ook in hierdie gedeelte van die vrugte van die vlees en die gevolge van die verskillende vrugte.

Soos ons weet gebeur dit baie keer dat ons veroordeel, verstoot en selfs uitgelag word, wanneer ons, ons pad saam met die Here begin stap en die vrugte van die vlees begin van ons  af val,  om plek te maak vir die vrug van die Gees. Mense raak baie geneig om jou met ‘n ander kam te begin skeer en elke tree wat jy gee meer noukeurig en meer krities te beoordeel.

Dis baie keer in hierdie ty dat een van twee dinge gebeur… of ons verloor moed en sak terug… of ons begin ons geloof onder ‘n maat emmer te sit… soos ons in Lukas 8 en Markus 4 lees. Die enigste probleem is dat wanneer ons, ons geloof onder ‘n maatemmer sit een van twee dinge gebeur:

Die eerste is dat dit uitgedoof word. ‘n Vuur het suurstof nodig om te brand en wanneer jy die lamp se suurstof wegneem deur dit onder ‘n emmer te sit sal dit uiteindelik dood gaan en dan sal daar niks meer lig wees nie.

Die ander probleem wat kan gebeur is dat dit so ‘n struweling binne in jou veroorsaak dat jy naderhand ook nie meer weet wie jy is nie. Wanner jy Christus aanneem en deur Sy Gees vervul word dan word Christus deel van jou. Deur die vrug van Sy Gees wat in jou te voorskyn kom weg te probeer steek verwerp jy tog maar eintlik ‘n deel van jouself,  jou nuwe hart van vlees probeer jy dan verbloem.

Ek dink elkeen van ons het al die innerlike verwoesting beleef wanneer ons probeer voorgee om iets te wees wat ons nie is nie. Die masers wat ons dra begin ons innerlike so te versmoor dat ons naderhand nie meer weet watter kant toe nie.

En dit is eintlik so ironies… die onheilige prober meer heilig voorkom en die heilige is so geneig om hulle heiligheid te probeer wegsteek en minder heilig voor te kom.

Die waarheid is dat  nie almal altyd in hulle noppies gaan wees met jou nuutgevonde of selfs jou lank teenwoordige geloof en die nuwe vrugte en hart van vlees wat daarmee saam kom nie. Ons lees in Matteus 10:43, Luk 12:51-53; 14:26-27 daarvan. Moet nie afvallig word nie… moet ook nie die Nuwe Lewe wat soos strome water by jou gees wil uitvloei langer probeer onderdruk nie.

Oppad na elke deurbreek punt, elke geboorte van iets nuuts is daar ‘n tyd van beproewing… ‘n uur van barings nood waardeur ons moet gaan sodat ons self kan weet dat ons sterk genoeg is om die nuwe uitdaging aan te vat.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: