Liza Welsh

‘n Bloedruk Pilletjie.. of twee.

In 80 Dae van Skattejag,Koffietyd on April 1, 2011 at 10:54

Dit gebeur so baie dat ons werkplek of ons huis ‘n drukkoker word en dit voel of die stoom net nie kan ontsnap en die druk net nie van ons afgehaal word nie. Partykeer is dit ‘n klomp klein goedjies wat die druk (en die bloeddruk) so kan opjaag, en ander kere is dit een of twee “groot goed.”

Dit is ook juis wanneer ons die druk baie erg begin voel, wat ons wil weet waar hierdie druk vandaan kom. Dit is gedurende hierdie identifisering proses wat ons so maklik ‘n gesig vir ons druk begin skets.

Die probleem hiermee is dat ons ‘n fisiese en tasbare gesig of oorsaak vir ons probleem en ongemak begin soek. Dan word die blaam vir die druk meer as minder kere geskuif na die mense wat saam met ons binne in hierdie drukkoker is, en dan vermeerder die druk eintlik maar net… en gewoonlik hou dit nie op voor die deksel afskiet en dit ‘n hele groot  gemors veroorsaak nie.

‘n Arrogante Hart jaag die Bloeddruk op Hol.

Die druk word aangevuur deur die arrogansie en verwaandheid in ons harte. Elkeen van ons wil so graag glo dat hy of sy reg is en dat die ander verkeerd is… ons het nodig om reg te wees om goed te voel oor onsself en dit is eintlik so onnodig. Solank ons weet wie Christus ons gemaak het om te wees, hoef ons nie reg te wees in die oë van mense nie, dit sal nie meer vir ons saak maak nie.

So, deur die verwaandheid en die trots in ons harte te verruil vir nederigheid, en ‘n identiteit in Christus sal sommer vinnig die stoom uit die pot uitlaat… maar meer as dit moet ons verstaan wat Paulus vir ons in Efesiërs 6:12 wil sê.. hy sê dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen magte in die lug… as ons dit kan onthou, sal ons nie so geneig wees om ‘n tasbare gesig vir ons probleme te soek nie, en so sal ons mense verhoudinge dan ook sommer baie verbeter.

Dink jouself in:

  1. Hoe sal die atmosfeer in die aand in julle huis verbeter as jy kan onthou dat dit nie jou man (of vrou) en die kinders se skuld is dat jy geïrriteerd by die huis aan kom nie, dan sal jy dalk nie so ongeduldig wees wanneer hulle jou nie ‘n blaas kans gee wanneer jy uiteindelik by die huis uitkom nie.
  2. Hoe sal jou huwelik verbeter as jy onthou dat dit nie jou eggenoot se skuld is dat die prys van petrol en elektrisiteit (en alles wat daarmee gepaard gaan) hierdie maand opgaan nie… en dit is ook nie hulle skuld dat die volgende verhoging in salaris nog vêr is nie… en daarom kan julle nie so kort van draad met mekaar wees wanneer die beursie bietjie leeg is en die finansies bietjie knyp nie.

Ek probeer nie sê dat mense totale onskuldige wese is nie… dis nie ‘n Bybelse prinsiep nie. Maar wat ek wel voorstel is dat ons mekaar die spasie gun om net mens te wees en om mens te wees beteken dat ons foute maak.

 

‘n Hart van Vlees

In Esegiël 11:19 lees ons: “En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee.”

Maar het jy al ooit gedink hoekom ons vleis in ‘n drukkoker kook… om dit sag te maak, nie waar nie. Daar is ook ander opsies… ons kan dit slaan met ’n vleis hamertjie tot dit sag is, of ons kan dit marineer…. En die selfde geld maar vir ons harte:

God wil ook graag Sy belofte in Esegiël na kom en vir ons sagte harte van vlees gee… en vir solank ons in die Glorie van Sy aangesig marineer is ons nie so geneig om deur die vleis hammer “getenderize” te word nie… ook nie deur die druk in die drukkoker sag gekook te word nie.

Dit beteken nie dat ons dan glad nie vry sal wees van die moeilike dinge in die lewe nie, want daar is ander lesse wat ons ook moet leer, maar dit sal darem al beter gaan.

Dink jouself in:

  1. Hoeveel waardevolle lesse en nuwe vaardighede sal jy kan leer wanneer jy elke moeilike situasie in hierdie lig beskou. Wanneer jy elke moeilike situasie ondersoek vir die les wat daarin te leer is… met hoeveel oorgawe en Lof in jou hart sal jy nie die oplos van die verskillende probleme mee aanpak nie.
  2. Dan klink dit ewe skielik ook nie meer so moeilik om te maak soos Fil. 4:4-7 sê nie. Ewe skielik is dit dan nie so moeilik om altyd bly te wees in die Here nie.

Vader gun ons die genade en die insig om ‘n tree terug tevat en te knap onder die druk nie. Laat ons eerder in kalmte die grooter prentjie sien, sodat ons U kan dank vir die eind reslutaat wat U in gedagte het.

Amen.

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: