Liza Welsh

Is jou tone ook voos gestamp?

In Uncategorized on November 18, 2010 at 10:25

Vanoggend maak Vader vir my Sy woord oop by Jesaja 28:23- 29

“Gee aandag, luister na wat ek sê. Let op. luister na my woorde: Hou ‘n boer aan met ploeg as hy wil saai? Hou hy aan om die grond te breek en vore te trek? As hy die grond gelyk gemaak het, saai hy mos swart komyn en komyn, sit hy koring en gars in waar dit moet kom en spelt aan al die kante…”

Dit is deur hierdie stukkie dat Vader die doel van die volgende gedeelte van ons skattejag aan my verduidelik het. Hy het geopenbaar dat voor ons die saad vir ‘n vrugbare lewe kon saai, moes ons eers die grond ploeg en daarna gelyk maak.

Hoeveel keer word ons nie in die nag wakker en dan wonder ons waarom ons lewens so moeilik of deurmekaar is nie? Die pad vorentoe lyk dalk so ongelyk en hobbelrig, en miskien is jou tone al voos gestamp teen die klippe wat jou gang versper.

Die res van die teks wat Pappa vir my gegee het verduidelik vir ons waar om die gereedskap en die kennis te gaan kry, om my pad gelyk te maak.

“Sy God leer hom en gee hom die kennis hoe om alles te doen soos dit hoort. Swart komyn word mos nie met ‘n slee uitgedors of komyn met wawiele uitgetrap nie. Swart komyn en komyn word met ‘n stok uitgeslaan. Graan word gemaal vir brood, maar ‘n mens hou nie eindeloos aan om dit te laat trap deur wawiele en deur trekdiere tot dit fyn is nie. Ook dit is iets wat van die Here die Almagtige af kom; kennis wat van Hom kom, is wonderbaar en laat alles voorspoedig verloop.”

Die stukkie kennis waarmee Vader ons op hierdie tweede been van die skattejag geseën het, is ‘n kosbare stukkie gereedskap wat ons kan gebruik om ons pad meer gelyk te maak.

Die klippe waarteen ons, ons tone so voos stamp is die gees van onmin, en soos ons laas gesels het, kom hierdie gees en kom maak hy die lewe vir jou warm. Tog is die geheim om van hierdie gees ontslae te raak redelik eenvoudig: ons moet die simptome van hierdie gees soos ons dit laas bespreek het, erken en dan begin om die gees teen te werk.

Nes daar verskillende maniere van oes en dors is, sal jy vir elke verhouding waarin jy staan ook by ons Pappa moet hoor hoe jy die gees van onmin in daardie verhouding moet teen staan. Tog is daar een waarheid wat jy in jou hart moet vas maak, een begeerte wat jy vir Vader moet vra om in jou hart wakker te maak. Jy moet uitgehonger vir vrede wees. Jy moet besluit en verklaar dat daar gee plek vir die gees van onmin jou lewe is nie… maar vêrder as dit moet jou aktief deur jou gedagtes en aksies moet jy vrede najaag soos ons finansiële vryheid en plesier najaag.

Kom ons bid saam:

Vader God

Help elkeen wat hierdie gedeelte lees om die gees van onmin te herken, en Vader leer elkeen van ons om hierdie gees teen te werk. Maak ons oë oop sodat ons die venstertjie waar hierdie gees inkruip te identifiseer en dit toe te maak. Pappa God, gee ons die genade en die wysheid en die self beheersing sodat ons nie die gees van onmin in ons lewens sal aanvuur nie, maar gee eerder dat ons vrede en harmonie sal najaag, sodat U Naam deur ons lewens vereer kan word.

Amen.

( Behalwe vir die Lewende Woord van God, het Vader gedurende hierdie deel van ons reis saam, die volgende hulp middel in my lewe gebruik het: Conflict-Free Living, deur Joyce Meyer)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: