Liza Welsh

Soos ‘n dief in die nag

In 80 Dae van Skattejag on November 4, 2010 at 17:17

Soos ‘n dief in die nag kom hy en sluip hy by jou venster in… sy rugsak loop óór van vlym skerp vermoeienisse wat hy regoor jou huis plant… binne die bereik van elkeen vat oor die drumpel van jou voor en agter deur loop… en dan eerder as om weer te verdwyn deur die venster wat hy ingekom het, sit hy in die hoekie soos ‘n onsigbare vlieg en hou die konsternasie dop.

Maar daar hou die ou slinkse meneer nie op nie, terwyl jy óf die vure probeer doodslaan, óf met jou hande in die hare sit, óf dalk al ingesleep geraak het by die een of ander heer en weer geslinger van beskuldigings en skuldgevoelens; maak hy die ander vensters van jou huis oop en nooi hy al sy makkers in.

Vinnig, vinnig sit jy met iets wat lyk of dit eintlik geskryf is vir die stel van een van die daaglikse sepies… Eensklaps is die liefdes sakkies van elkeen in die huis dol leeg. So gou soos nou bevind jy jou in ‘n plek waar jy die eerste of die tweede wêreld oorlog se slagvelde bo jou eie sitkamer of eetkamer verkies.

Dit is die gees van onmin wat sulke verwoesting in huise, werksplekke en in al ons verhoudinge wil kom saai. So baie keer kom hy so stilletjies ingesluip dat hy ongemerk bly vir ‘n lang tyd.

Die eerste les wat ons Heilige Vader van genade my op ons skattejag te gedeel het… Hy het my geleer hoe om die waarskuwings tekens van die teenwoordigheid van die gees van onmin raak te sien.

Jy sien, enige verhouding of omgewing waar die volgende simptome hul kop uitsteek is al klaar oorgelewer aan die gees van onmin:

  • Trots
  • Geneigdheid om self te verdedig
  • Bitterheid
  • Haat
  • Oordeel
  • Kritiek
  • Leuens
  • Kwaad
  • Rebellie
  • Onrus
  • Vrees
  • Negatiwiteit

Deur die teenwoordigheid van die gees van onmin vroeg te identifiseer, sal jy sy intree plekkie en sy wegkruip plekkie kan uitsnuffel en hom die deur kan wys. Want soos jy in die volgende paar dae sal sien, veroorsaak nie gees van onmin nie net pyn en hartseer nie, maar dit staan ook in die pad van God se krag wat in jou lewe en deur jou lewe wil werk.

  1. Ja, sowaar…. dit IS soos ‘n dief in die nag…. net mooi wanneer jy hom die MINSTE verwag…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: