Liza Welsh

11 Augustus 2010 ….. “Beloofde Land…”

In Uncategorized on Augustus 11, 2010 at 10:24

Die beloofde land…hoeveel keer lees ons nie van die stryd om in die beloofde land in te gaan nie; hoeveel keer word daar nie vir ons vertel hoe en waar en wanneer om die beloofde land in te gaan nie?

Dit het my laat wonder wanneer ek as ‘n mens nou in die beloofde land sal wees? Hoe weet jy as jy daar is… oor en oor bepeins ek nou al hierdie vraag vir weke en maande aaneen. Wat ‘n tragedie sou dit wees as ons hierdie merk of doel wat vir ons daar gestel in heeltemal uit onkunde sou mis.

Vandag is ook weer een van daardie dae wat ek wonder oor die beloofde land… ek wil so graag daarin, maar my kennis oor wat en waar en hoe is maar skraal. Op my knieë vra ek dag in en dag uit dat Vader my sal lei om Hom te dien… om Hom te gehoorsaam… eintlik kan jy dit maar as ‘n desperaatheid om Hom te gehoorsaam bestempel.

Dis weer op hierdie dag ek weer gesmeek het en ek mag verkeerd wees maar ek het my Bybel oopgeslaan en ek dink dat Vader my genadig was en my iets wou leer van die beloofde land… die plek waarna ek streef, uit Joël 2:12 -14.

“Maar nou sê die Here: “Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep. Wie weet of Hy nie die straf sal herroep nie; of Hy nie weer voorspoed sal gee sodat daar weer graan- en drankoffers sal wees vir die Here julle God!”

Hemel Vader… vandag staan ek in beroering oor U openbaring aan elkeen wat U word neem en dit lees en hulle daarin verlustig. Vader, U grootheid oorweldig my telkens en nooit kan ek volle uiting aan my waardering vir U genade gee nie… U is verhewe bo mense woorde en beskrywinge… Here selfs bo ons verstand is U almag.

Here mag U my seën sodat ek hierdie stukkie waarheid oor U beloofde land vir myself kan toe eien; mag ek onthou dat om in die beloofde land te wandel, beteken om na aan U te wandel, om nederig voor U te wees, bewus van my eie menslikheid en sonde. Tog is dit ook om U genade te beleef en U liefde in te drink en ook om ten spyte van my eie vermoë steeds vir U dank offers te bring!

Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: