Liza Welsh

10 Augustus 2010 … soms wil ek ook staak!

In Uncategorized on Augustus 10, 2010 at 21:55

Abba Vader… wat ‘n wonderlike dag was vandag nie… dit was ‘n Dinsdag soos enige ander dag… maar dit was ook nog ‘n dag wat ek ‘n mamma kon wees; nog ‘n dag wat U my genadig genoeg was om ‘n spreekbeurt in my kinders se lewens te hê. Nog ‘n dag waarin ek kon oefen om geduldig en liefdevol, streng en vriendelik en regverdig te wees.

Here… U is my getuie: daar is dae wat ek ‘n beter mamma is as ander dae en daar is dae wat ek soms ook wil staak. Maar nooit wil ek die voorreg van mamma wees vir enige iets ander in die wêreld verruil nie.

Vader rig my hand sodat ek uit liefde en gehoorsaamheid aan U sal dissiplineer en nie vanuit my eie trots wat so nou en dan gekrenk word nie.

Vader rig my tong sodat die woorde wat ek spreek my kinders van binne af na buite sal opbou.

Vader rig my ore sodat ek sal onthou om te luister en rig my fokus sodat ek hulle heel eerste van U sal leer, sodat ons prioriteit U Woord sal wees en nie die menslike konstrukte en bepalinge nie.

Vader mag my dade en my leërings nooit in teenstryd wees met dit wat U in hulle oortjies gefluister het terwyl U hulle liggaampies in die moederskoot gevorm het nie.

Vader skenk aan my die wysheid om U droom vir hulle te verstaan en elkeen volgens U wil en sy geaardheid toe te rus vir die toekoms wat U vir hulle in gedagte het.

Vader hou my woorde eg en laat ons die moed besit om eerlik en openlik met ons kinders oor ons foute te praat sodat hulle kan verstaan wat gebeur wanneer die mens sy eie kom volg en van U pad afdraai.

Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: