Liza Welsh

9 Augustus… Mynskag

In Uncategorized on Augustus 9, 2010 at 13:17

Die boekrol word met moeite oopgerol
Weerbarstig wil die rolle met tye terug trek
Die seel van verset, met nodige hardhandigheid gebreek
Nou oop en blood; met bloed geëts:
Die plan vir die nuwe mynskag blootgelê:
Die beginstreep wink:
op selfondersoek se deur…

Op jou merke;
Gereed
Gaan!
Die slag van ‘n oorverdowende slag
geslaan deur pyn en verlies:
Ruk oop die klipperige wande van my siel.

Die produk van my delwings ekspedisie,
(Wat lei tot in die dieptes van my wese) –
kom na vore: diep verborge drome en ideale,
Die dryf krag van begeertes, pyn, verlange, herinneringe, en vrese
Almal gelaai op die koekepan van my prewelende tong –
waar ek vuil: vol stof en moeg geswoeg, voor U verskyn.

Almagtige aanvaar asseblief hierdie offer:
die produkte van my ekspedisie na die donkerste dieptes van ‘n skepsel
(saam geweef deur U eie hand!)
‘n skepsel wat glo:
in haar moederskoot het U geroep
In half gevormde oor het U fluister stem weerklink

Louter en was en hierdie produkte
(drome, ideale, begeertes, pyn, verlange, herinneringe, en vrese)
Tot net die mooiste en beste
soos gemeet deur U maatstok agterbly
Weeg my af… gebruik U hemelse skaal.
Mag die vuur dít verbrand wat oortollig is!
Vernietig… delf uit dít wat onrein maak!

Mag Lewende water weg was:
Gebrokenheid…. bedek deur die stof en die as.
Poleer en poets… vryf en skaaf:
Laat die vrug wat U my maak slegs weerspieël:
U woorde gespreek in moederskoot, gefluisterde opdragte:
Egos geval op die oor van ‘n bloeisel in haar kindsbeen tyd.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: