Liza Welsh

8 Augustus… Om die hand van God te sien beweeg.

In Gebede on Augustus 8, 2010 at 11:21

Pappa… hoe wonderbaarlik is U nie… net gister het ek U gevra om my nederig te hou… my skoon te was…. My hart te versag…

En op U tyd gesels ek toe weer bietjie met ‘n ou vriend: iemand wat my kon herinner dat geen mens volkome binne geregtigheid staan nie; dat geen mens kan ooit vlekloos voor U staan nie…

Maar ter selfde tyd begin ek toe wonder watter reg ek het om my gebede met ander te deel… ek het begin twyfel aan die opdrag wat ek vir al meer as ‘n jaar probeer uitvoer… watter reg het ek, wat steeds soos enige mens in ongeregtigheid lewe, om my voor te doen as U verteenwoordiger en om U Naam te dra?

En daar lees ek die twee artikels van Esté Geldenhuys (die Radio Kansel Omroeper raak) die eerste het gegaan oor die feit dat dit wat ons hoor ons van binne af vorm en daarom behoort ons versigtig te wees waarvoor ons, ons ore uitleen… maar Here die paragraaf wat U gebruik het om met my hart te praat was die een:

“Wanneer ek dan gaan en dit wat ek ontvang het, met ander gaan deel sodat die Woord wat ek ontvang en my eie gemaak het, ook ander kan help om hulle “binnekant uit te meet en te vorm”, sal my geestelike rykdom toeneem, dertig – en sestig – en honderdvoudig.”

En toe verstaan ek waarom dit is dat U my, in my gebrokenheid wil gebruik… dit is sodat ander kan sien watter ompad ek moet loop om die foute van die verlede reg te maak… Vader U wil my gebruik om die uiteinde van my verontagsaming van U wet en opdragte, met ander te deel… maar U wil ook die wat dit wat ek deel aanhoor, gebruik om my geestelik te verryk vir die pad vorentoe.

Vader ek weet daar is nie ‘n vinnige oplossing vir die chaos wat ons veroorsaak wanneer ons buite U Wil wandel nie, en dis hierdie uitsorteer proses wat ek graag met ander wil deel.. nie vir die roem van my eie naam of my eie gewin nie… maar sodat die wat die selfde proses deur gaan kan verstaan dat dit ‘n moeilike pad en soms ‘n seer pad is… en ook Here sodat die wat nog moet kies, hopelik reg sal kies… en hulle self die ekstra wandeling in die woestyn sal spaar.

Die tweede artikel het my groot vraag van hierdie week geantwoord… konstant het ek die konsep van Genade en wat dit beteken om U te Vrees bepeins en op hierdie wonderbaarlike manier antwoord U my…. Here weereens pluk U aan my hart snare deur haar verduideliking dat in Hebreeus en in die oorspronklike taal is die verduideliking van “die Vrees van die Here” as volg: “Om die hand van God te sien beweeg.”

Sjoe… dis toe dat my hart begin bok spring en al die skrif wat U heel week met my deel begin sin maak… dis toe dat skille van my oë afval en ek begin verstaan wat U nou al sewe dae lank vir my wil sê: dit slegs deur ‘n vergunning van U, m.a.w GENADE dat ons U hand mag sien beweeg… en daarom gaan ‘n bewustheid van U grootheid en genade hand aan hand…

Vader daarom smeek ek in nederigheid en te midde van die wete dat ek onverdiend my belewenis van U met ander deel dat U my uurliks sal herinner daaraan dat U so groot is en ek so klein en dat as U, U volk en Moses ten spyte van hulle klagtes genadig was by die Rooisee, hoeveel te meer behoort ek nie in elke situasie net op U te vertrou en geduldig te wag vir U hand om te beweeg nie. Amen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: