Liza Welsh

7 Augustus 2010 ….. “vergewe my…”

In Uncategorized on Augustus 7, 2010 at 09:17

Hemel Vader… vergewe my. Die afgelope drie weke het ek toegelaat dat frustrasie met die mensdom rondom my saad skied en groei hier in my hart. Here God ek raak ongeduldig, want mense bly kies om blind en doof te wees vir U waarheid.

Die woede hier binne my stam af van my ergerlike bewustheid dat U ‘n almagtige God is wat gevrees, geëerbiedig en gehoorsaam MOET word… maar dit voel of soveel van U skepsels op die aarde van U hande werk ronddwaal en U doelgerig, konstant… OOR en OOR en OOR verontagsaam.

U roep uit die Hemel dat ons van afgode moet afsien en slegs op U vertrou… daagliks praat U met ons, soms deur vuur, soms deur die aarde wat bewe en soms dur die koel aandluggie wat saggies aan my wang vat… HERE waarom kies ons om U te ignoreer!

Vader God… ek stoei met woede en ongeduld wat dreig om oor te kook… Vader help my om ‘n wag voor my mond te plaas… want my tong dreig om hand uit te ruk.

Vader rig my woorde en my dade sodat ek nie die oorsaak sal wees dat meer mense hulle rug op U draai nie.. laat my woorde eerder soos pyle van liefde harte tref sodat almal die tekens rondom ons sal sien Vader… die geboorte pyne wat U in Matteus 24 beskryf het klaar begin.. maar soveel van ons se lampies is nie in order nie…

Vader vul my hart met liefde en deernis eerder as woede en frustrasie met U verlore kudde… Vader seën my met ewige nederigheid sodat ek geen vêrdere oordeel sal vel en nog meer woede in my hart sal kweek nie… Vader hou my op my knieë en na aan U bors.. Here giet U bloed oor my en was my weer skoon .

Vervul my hart met die wete dat geen van die guns wat ek geniet sonder U genade sal moontlik wees nie.
Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: