Liza Welsh

6 Augustus 2010 ….. “Jy behoort nou aan My…”

In Uncategorized on Augustus 6, 2010 at 10:52

Bedek deur U liefde… Volmaak en oneindig.
Moeg gesoek na rede en verduidelikings
sak ek in U arms neer…
versorg deur ‘n fluister stem:
“Jy behoort aan My…”

Van wêreldse sekuriteit … mag U my vervreem.
Ek is klaar met wêrelde verwagtinge!
Abba ek loof U, Jahwe ek prys U!
Uiteindelik van die juk bevry:
Ek behoort nou aan U!

Bedek deur U liefde …. Hartstogtelik en teer.
Moeg gestoei vir my plekkie in die son
sak ek in U arms neer…
versorg deur ‘n fluister stem:
“Jy behoort aan My…”

Oorval deur ‘n Vrede so groot … ek kan in sy midde verdwaal
Gekruisigde hande verbind my wonde.
Abba ek loof U, Jahwe ek prys U!
Lewende water spoel oor my:
Ek behoort nou aan U!

Bedek deur U liefde …. Onvoorwaardelik, bevrydend
Moeg geskuil van blaam en skuld
sak ek in U arms neer…
versorg deur ‘n fluister stem:
“Jy behoort nou aan My…”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: