Liza Welsh

5 Augustus 2010 ….. Is dit dan genade as ek my stamp en dit bloei?

In Uncategorized on Augustus 5, 2010 at 09:53

Weer op my knieë
Geen spesifieke nood…
Of het ek net baie klagtes….
Elke woord wat ek prewel smeek om genade!
Dis mistig in my kop,
My oë kyk vas teen die skille van menslike wysheid…

Ek probeer verstaan… hierdie genade waarvoor ek smeek…
Die genade waarvan David sing en Salomo skryf,
Die genade wat Elia om hom vou en Paulus verkondig,
Die betekenis van die Genade, vêr bo my vuurmaakplek

My siel dors na water,
My binneste smag na lewende brood..
Maar steeds brand die vraag in my diepste wese…
Wat is die Genade waarvoor ek so smeek?

Openbaar aan my O God,
Trek die skille van my oë
Laat die mis voor U Lig verdwyn!

Mag U my seën met die verstaan van hierdie genade waarvoor ek smeek..
Die genade waarvan David sing en Salomo skryf,
Die genade wat Elia om hom vou en Paulus verkondig,
Die betekenis van die Genade, vêr bo my vuurmaakplek

Is genade is die kans om U te ken…
Of is genade die voorreg om in U teenwoordigheid te kom?

Is genade die wete dat ek U moet vrees…
Of is genade die tyd aan U voet waarin ek my vrese blootlê?

Is dit genade wat my tot hier gebring het…
Of is dit genade wat my vanuit hierdie woestyn sal weg lei?

Is dit dan genade as ek my stamp en dit bloei?
Is dit genade as die nadrag van my sonde steeds oor my vloei?

Is genade dan meer as die weg was van sonde skuld?
Is genade dan ook die lewe se leerskool?

Is my hele lewens pad wat ek loop
Elke tree: elke opdraande, afdraande, dorings en groene weiveld….
Elke seisoen: warm en koud, droogte en oorvloed…
Elke pad: afdraai pad, kort pad, om pad en nou pad…
Is dit alles nie maar uitgelê en afgemeet met U genade nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: