Liza Welsh

4 Augustus 2010 ….. die hand van ‘n gebroke geneesheer

In Uncategorized on Augustus 4, 2010 at 10:53

Iemand het eenkeer die mens, en die verhoudinge waarin ons staan as ‘n wynglas beskryf…. En wanneer die storms van die lewe teen die wynglas slaan en hy kraak of breek, kan jy hom altyd reg maak, maar jy sal altyd die krakies raak sien….

Aan die een kant is dit seker waar, maar as die ewige optimis wil ek bly glo dat elke krakie ook weer tot die eer van die Here gebruik kan word… jy sien… wat gebeur wanneer die son deur die krakies in die glas skyn…. Jy sien ‘n reënboog… die simbool van hoop, die teken dat God genadig is, die herinnering aan God se belofte….

So ook wanneer die lig van die Here deur ons krakies skyn… dis juis wanneer ons die hoop wat in Christus opgesluit lê, met ander kan deel…

Tog kan ons as mense en die verhoudinge waarin ons staan ook met ‘n erdekruik vergelyk kan word…. Jy sien, nie een van ons is so deursigtig soos wat ons wil glo dat ons is nie…

En dit is juis vir hierdie rede dat Vader soms toe laat dat ons erdekruikies kraak… want jy sien as ons almal wyn glasies was sou die lig van Vader se liefde sonder moeite dwars deur ons geskyn het, maar omdat ons meer gereeld erdekruikies as wyn glasies is, is die krakies die enigste manier waarop die lig van God se liefde vanuit ons binneste na die wêreld kan skyn…

So jy wil God dien… jy wil graag Sy liefde met ander deel.. jy wil graag jou getuienis van die berg toppe af uitbasuin…. Maar jou gebrokenheid hou jou terug… so jy het ‘n paar stukkende plekkies en jy is nie meer spiksplinternuut nie…

Moet nie bekommer nie…dis juis nou wanneer God jou wil gebruik…. Dis juis deur jou gebrokenheid dat God jou wil gebruik om ‘n ander te dien en te seën… jy sien soms is dit die hand van ‘n gebroke geneesheer wat die diepste aan ons raak….

En daarom wil ek Vader dank saam met David, in Psalm 16….

Here U is my lewe…. U sorg vir my. Wat ek ontvang, (goed en sleg) kom alles van U af. ‘n Pragtige deel (wat ook die stampe en stote en krake insluit) is vir my afgemeet, ja wat ek ontvang is vir my mooi.

Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: