Liza Welsh

3 Augustus 2010 ….. hoeveel keer gebeur dit nie dat ons U genade as vanselfsprekend aanvaar nie…

In Uncategorized on Augustus 3, 2010 at 11:05

Hemel Vader… U is ‘n God van oneindige genade en liefde… maar Here hoeveel keer gebeur dit nie dat ons U genade as vanselfsprekend aanvaar nie…

Here God hoeveel keer skuil ons nie agter die verskoning dat ons maar bloot ‘n mens is nie? Hierdie verskoning het ‘n verskoning gevul met eiegeregtigheid geword. Dit is ‘n gevaarlike verskoning wat ons daarvan kan weerhou om U as God te vrees en om te probeer om steeds U wet te onderhou.

Ja Vader terwyl ons vashou aan U beloftes en aan U teerheid as ‘n God van liefde, is dit belangrik dat ons ook onsself herinner daaraan dat U die selfde magtige God is wat Sy eie volk gedissiplineer het met giftige slange en ‘n uitgerekte reis deur die woestyn…. U is ook ‘n God van toorn wat gehoorsaamheid en aanspreeklikheid van Sy dienaars vereis….

Vader dit gebeur so maklik dat ons vergeet dat U eintlik U Seun gestuur het om die wet te volbring en NIE om dit van kant te maak nie…

David het iets van die belangrikheid van die wet verstaan toe hy Psalm 15 geskryf het… en ek wil die Psalm vandag saam met hom bid Here….

“Wie het die reg om in U woonplek in te kom Here?
Wie mag op U heilige berg vertoef?
Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is,
wat met sy hele hart die waarheid praat, nie kwaad praat nie,
sy medemens nie kwaad aandoen nie en niemand beledig nie…”

Hemel Vader David het verstaan dat sonde die kommunikasie kanaal tussen U en ons versteur en daarom Here is dit belangrik dat ons uit dankbaarheid dade wat teen U wet is behoort te vermy.

Ja U is ‘n genadige God, ‘n God wat sy Seun gestuur het om ons sondes te kom vergewe, maar tog maak U dit deur en deur duidelik deur U woord dat alhoewel U ons vergewe, dat U ons nie kwyt skel van die gevolge van ons sondes nie…

‘n Moordenaar word nie vrygespreek net omdat Hy Christus as sy verlosser en salig maker aanvaar het nie… Ja sy sondes sal vergewe word, en hy sal die Hemel poorte sam met die res van ons ingaan, MAAR hy sal steeds sy staf wat deur die regstelsel aan hom toegedien is, moet uitdien….

En Here terwyl hierdie ‘n baie uiterste voorbeeld is, geld dit vir elke opdrag wat U aan ons gee… elkeen van die wette wat saamgevat is deur die eerste en grootste gebod… LIEFDE! Liefde vir jou God, en liefde vir jou medemens soos vir jouself….

Daarom Here smeek ek U verander my hart O God, en verander die harte van my gesin, Vader trek ons nog nader aan U hart en aan U bors Here….mag ons eerste prioriteit wees om durendheid, heeltyd, sonder ophou aan U gehoorsaam te wees en U wet te onderhou!

Vader weerhou ons daarvan om in die sonde te verval en dan na U te wil roep om ons gemors uit te sorteer…. Vader laat ons in die eerste plek die gemors vermy!

Vader mag ons dan ons aan U wet hou en mag ons voete vandag nie wankel nie!
Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: