Liza Welsh

HOEKOM??? Ons verstaan nie altyd hoekom God sekere gebeurtenisse toe laat nie…

In Uncategorized on Augustus 2, 2010 at 07:42

Geliefdes van ons Koning Jesus Christus

Hoekom? … hierdie is ‘n vraag wat so gereeld oor elkeen van ons se lippe beweeg, veral wanneer ons nie genoeë is met die uitkoms van ‘n sekere situasie of reeks gebeure nie.

Ons verstaan nie altyd hoekom God sekere gebeurtenisse toe laat nie… want onthou niks op hierdie aarde gebeur sonder dat God dit toe laat nie… dit beteken ne dat alles Sy goed keuring weg dra nie, maar Hy laat dit steeds toe sodat Sy heilige Naam deur Sy ingryping verheerlik kan word.

Hoekom sê ek so…. Blaai maar deur jou Bybel, die Here her Faro hardkoppig gemaak sodat Hy baie wonders in Egipte kon doen voordat die Israeliete toe gelaat is om weg te trek, hierdie wonders word vandag nog van generasie na generasie oorgedra om God se mag en krag te illustreer. Gaan lees maar gerus deur Jeremia, Jesaja en Daniel… oral kondig Vader gebeurtenisse aan en dan ook die rede daar agter… sodat die mens sal besef dat H waarlik God is!

Een van die groot “Hoekom?” vrae wat ons so baie mee worstel is die hoekom agter die swaarkry wat ons as kinders van die Vader beleef… ons voel dat as mense wat ons bes probeer om in ‘n lewende en gehoorsame verhouding met Hom te staan behoort ons ‘n graad van seën en guns te geniet… en ja terwyl Christus ons aangepor het om durendheid te bid vir dit wat ons nodig het en ons begeertes in smeek gebed teenoor Vader bekend te maak, moet ons ook nie die houding in neem dat God ons persoonlike Hemelse dienskneg is nie. Dit is met nederigheid en groot bewustheid dat wat ons van Hom verkry slegs genade is dat ons oor Sy troon behoort te verskyn.

Maar om terug te kom na die “Hoekom?” Vir baie lank kon ek nie die Israeliete se geteem en gekla in die woestyn verstaan nie, hulle het manna uit die hemel gekry en water uit ‘n rots, hulle pas so ongelooflik baie wonders aanskou en tog wou hulle net terug na Egipte en na slawerny. Hulle het nie die moet of die geloof gehad om die Jordaan oor te steek nie… maar toelaat die Gees my tot die volgende besef kom: Die tyd in die woestyn was daargestel om hulle kans te gee om van hulle denkpatroon as slawe ontslae te raak. Onthou as slawe was elke dag die selfde… hulle was afhanklik van die Faro en die slawe meesters vir hulle kos, so hulle het sekuriteit in hierdie opsig geniet, ook het hulle die sekuriteit van ‘n vaste bly plek gehad… dit alles was gemaklik ten spyte van die onder drukking en die harde werk.

Is ons ook maar dan nie baie keer slaw van hierdie wêreld orde wat ons as mense geskep het nie? Ons raak die gevangenis van ons leefstyl en alhoewel ons smag na tyd saam met God laat ons behoefte aan geld en gemak ons nie toe om Hom te dien nie… nes die Faro nie die Israeliete toe gelaat het om God in die woestyn te gaan dien nie.

Die Israeliete moes leer om 100% op God te vertrou vir alles wat hulle nodig gehad het, hulle kos, hulle water, hulle veiligheid en hulle reis koers, dit alles is deur God bepaal en hulle moes in blote geloof volg… deur nie deur die Jordaan te rek die eerste keer nie, het hulle bewys dat hulle steeds die ingesteldheid van slawe gehad het, en dat hulle nog nie hulle vertroue totaal en al in God gestel het nie, en vir hierdie rede moes hulle terug gaan en weer leer en oefen as jy wou om op God te vertrou.

Die selfde geld so dikwels vir ons, ons sukkel met die opdrag wat ons gegee is om eers die koninkryk van God te soek… want ons lees verby die res van die vers wat bevestig dat alles wat ons nodig het dan vir ons gegee sal word.

Met hierdie stukkie waarheid wat die Gees in my hart kom plant het, het Vader my weereens op hierdie pragtige dag bemoedig,, want ewe skielik word elke probleem en uitdaging ‘n geleentheid om my geloof spiere te oefen van die juk van hierdie wêreldse slawerny los te breek. Elke tree word ‘n tree van gehoorsaamheid in geloof, elke dag ‘n dag wat ek vêrder van my slawerny mentaliteit verwyder word.

Vader God, hiermee Here gee ek weer op nuut my hele lewe in U hand oor. Vader my werk, my gesin, my familie, my dag take … Vader my hele dagboek en skedule gee ek in U hand oor Vader… maak met my lewe soos U wil, lei my en stuur my waar U my wil hê.

Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: