Liza Welsh

29 Julie 2010 … watter een se gebed is beantwoord?

In Uncategorized on Augustus 2, 2010 at 07:44

Geliefdes van ons Koning Jesus Christus

Gebeure en omstandighede van die afgelope paar dae laat my dink aan die seuntjie wat vir sy pa gevra het wat gebeur as al twee rugby spanne voor die wedstryd bid en vra dat God hulle sal help om te wen… vir wie kies God en hoe… saam met hierdie staaltjie dink ek ook aan die film met Mel Gibson (When we were soldiers) daar waar hy gaan bid en vra dat God albei kante van die oorlog sal seën, maar dat as God dit sou goed vind, sy eie kant net bietjie meer sal seën.

Hierdie twee situasies het my nogal laat wonder, wanneer twee mense in ‘n gesin bid vir verskillende geldelike behoeftes en daar kom ‘n geldjie in… watter een se gebed is beantwoord? EN hoe besluit God. Gister het ek so lekker met hierdie een in my eie gedagtes gestoei…. Maar die antwoord het my steeds ontwyk.

Vanoggend slaan Vader weer toe vir my die Bybel by Spreuke oop…. Sommer in die begin van Spreuke… die deel wat gaan oor wysheid. Dit is toe op hierdie oomblik dat ek besef dat ons nie vir een oomblik op ons eie menslike wysheid kan staat maak nie… maar dat ons heeltyd in nederigheid op God se wysheid met vertrou.

Soos ek aan lees en die beskrywing van wysheid in sy totale volheid probeer verstaan… kom die antwoord op my vraag: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.” (Spr 3:5)

En dis toe dit my tref… net gister het ek weer op nuut die stuur van ons lewens aan God oorgegee en daarom kan ek vertrou dat Hy dinge so sal bewerkstellig dat die mes dringende behoeftes van ons gesin, as eenheid bevredig sal word… op geen oomblik is dit ‘n kompetisie tussen my gebed en jou gebed nie, maar eerder die volmaakte samekoms van twee mense, elkeen wat I ‘n persoonlike verhouding met ons God staan…

Vader God… laat ons vandag ‘n stukkie van U grootheid verstaan Here, want dit is wanneer ons buite die raamwerk van ons aardse grense en gewoontes begin dink dat ons begin om U almag te begryp… U wysheid is hoog bo ons wysheid, want U weet wat vir ons voorlê, U weet wat ons gaan dink nog voor ons gedagtes by ons op kom en U weet wat ons gaan doen in die dag van môre en daarom Here handig ons vandag opnuut die leisels van ons lewens aan U oor en vertrou ons op U om ons die nodige oordeelkundigheid te besorg,

Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: