Liza Welsh

28 Julie 2010 … hoe ontvanklik is jy vir hierdie genade gawe?

In Uncategorized on Augustus 2, 2010 at 07:43

Geliefdes van ons Koning Jesus Christus

Die sonnetjie bak al hoe warmer deur die sit kamer venster waar ek elke oggend ‘n koppie koffie saam met my Vader geniet. Hierdie tydjie van luister en luister en bietjie gesels het al so ‘n kosbare instelling in my lewe geword… tog word ek elke dag herinner dat dit ‘n Goddelike instelling is, want sodra ek Die Boek vat, is dit of daar ‘n kalmte en ‘n stilte oor die woel waters rondom my kom…. Selfs kleine Miachlan (slegs 6 maande oud) suig stil en rustig aan haar groot toon terwyl Mamma tyd saam met haar God deur bring.

Dit is die warm sonnetjie wat my weer van oggend aan die Israeliete, die woestyn en die wonder werke in die woestyn laat dink het. En so met die dink saam het Vader vir my die Bybel oop geslaan by Jesaja 48:20-2.

“Gaan uit Babel uit, vlug weg van die Galdeërs af! Jubel dit uit, maak hierdie aankondiging en laat dit weerklink tot die uithoeke van die aarde; sê: “Die Here het sy dienaar Jakob verlos!” Sy volk het nie dors gekry toe hulle deur ‘n droë wêreld gelei het nie. Hy het vir hulle water uit ‘n rots laat stroom, Hy het die rots gekloof en daar het water uitgestroom!”

So om terug te kom tot gister se “Hoekom?” gesprek…. Is God nie wonderbaarlik goed nie? Terwyl Hy ons deur moeilike tye lei om ons van ons mentaliteit van slawerny te bevry, sorg Hy steeds vir ons… dalk het ons nie nou in oorvloed soos wat ons sou wou gehad het nie… dalk loop jou yskas en jou vrieskas nie oor van vleis en groente nie, en dalk is jou kombuis kaste effe leeg… maar steeds het Vader jou vanoggend wakker gemaak en jou geseën met ‘n nuwe dag, nog ‘n geleentheid om Hom te dien… nee dis nie nog ‘n paar uur se sukkel waarmee Hy jou wil straf nie, maar eerder nog ‘n paar uur waarin Hy sy goedheid en sy getrouheid aan jou wil bewys… so hoe ontvanklik is jy vir hierdie genade gawe, hierdie nuwe kans wat die more bring?

Hemelse Vader… ons loof U want U is goed. Aan U liefde en almag en genade is daar geen einde nie! Vader dankie vir die genade gawe van ‘n nuwe dag, ‘n nuwe begin, en ‘n vars geleentheid. Vader mag ons vandag al ons kragte, denke en dade inspan om U te behaag… mag ons vandag U met vlees, siel en gees dien Vader.

Vader dankie dat U ons nooit laat dors lei in die woestyn waardeur ons dalk mag trek nie. Vader dankie dat ons nie aan die honger hier binne ons om kom nie… want U, Vader seen ons elke dag met Manna uit die hemel, elke dag onderhou U ons en versorg U ons, nes U die diere en die blomme in die veld versorg.

Mag U Naam vandag en tot in ewigheid deur ons lewens en ons woorde geheilig en geëer word.
Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: