Liza Welsh

1 Augustus 2010…. Vader as dit dalk mag help…

In Uncategorized on Augustus 2, 2010 at 07:45

Pappa God… vanoggend wil ek eerbiedig en in totale nederigheid hier op U voetbankie kom sit en oor en oor en oor vir U dankie sê… Here vandag is dit twee jaar tot op die dag dat U my lewe gered het Pappa. Ek het die video’tjie van daardie oggend al oor en oor en oor in my kop gespeel en daar is slegs een waarheid wat bo die ander uit spring en my vol tussen die oë tref… slegs deur U genade is my lewe nie op daardie dag geneem nie, en slegs deur U genade het ek hier en daar ‘n litteken wat getuig dat U red en dan U genees.

Here God gisteraand het ek en Ross so gesels en ek het vir hom gesê dat ek soms wens dat ek ook kon aanskou wat die Israeliete in die woestyn aanskou het en beleef het… Vader ek probeer my in dink hoe dit moes gelyk he.t.. hierdie duisende mense wat deur die woestyn trek met ‘n pragtige wolk kolom wat hulle deur die dag bedek en gelei het… en snags… Here ‘n vuur kolom…. Hoe asemrowend moes dit nie gewes wanneer die nag of die dag aangebreek het en die kolom verander het nie… ander kere wens ek, ek kon daar wees toe U die tabernakel in besit geneem het of die kere wat U in die tent van ontmoeting neergedaal het om vir Moses en Aaron en self Joshua te ontmoet…

…maar vanoggend voel ek effe skaam oor my ondankbaarheid wat deel uit maak van die motivering agter hierdie wens, want as ek na my liggaam kyk dan sien ek my eie tekens en herinnering dat U persoonlik na my omsien…

Vader en hierdie gedagte vervul my opnuut met ‘n nederigheid wat moeilik is om te beskryf…dit laat my besef dat ek steeds U genade vermors en steeds nie volle gebruik maak van die kanse wat U my gun nie en daarom wil ek my hoof vandag nederig kom buig en vra:

Here hoe besluit U wie U hulp verdien?
En waarom het U my gekies?

Watter waardige daad het my hand al ooit verrig?
Hoe het ek selfs net ‘n enkel een van die plesiertjie wat ek geniet verdien?
Vader vertel my van net een keer…

Here hoe besluit U oor wie U genade uitstort?
En waarom mag juis ek U lief hê?

Watter waardige taak het ek al ooit verrig?
Waarom kan ek staat maak op U barmhartigheid en seën?
Vader vertel my van net een keer…

Here help! Want…..
soveel van U genade het ek al vermors!
Here help! Want…..
In my gees bestaan geen illusie oor wie ek eintlik is!
Ek het U leiding so bitterlik nodig!
Here help! My siel is in U hand!

Vader mag ek U vra….. nederig…. Op my knieë……
Dink U daar is ‘n kans om terug te betaal:
Dít wat my hand vermors en my tong af gebreek het…

Vader as dit dalk mag help… laat my bly deel
Dié pad wat U elke dag saam met my loop en
Hoe U aan my terug gee wat ander by my steel.

Here help! Want…..
soveel van U genade het ek al vermors!
Here help! Want…..
In my gees bestaan geen illusie oor wie ek eintlik is!
Ek het U leiding so bitterlik nodig!
Here help! My siel is in U hand!

Amen!

  1. Met trane in my oë het ek hier gelees. Ja as ons maar net elke dag besef hoe lief Hy ons het. Ek vra ook elke dag waarom ek Sy genade mag beleef. Ons is so nietig, sal ons werklik ooit besef hoe geweldig groot Sy trou is. Ek dink God is ASEMROWEND. Dis ook vir my so kosbaar om te weet dat God oor ons dans, kan jy dit glo? Jesus Liefde Groete en ek bid Sy sëen oor jou oop.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: